Liefde so groot

Nooit

Ek sal U loof en prys
Maak nie saak wat die wêreld sê nie
My God sal ek vertrou
Sy hart sal my nooit los

In elke storm van die lewe
Elke stofpad wat my wil laat verdwaal
Nee ek sal vashou
My God, Sy hand sal ek nie los

Maak nie saak of niks ooit sin maak
Maak nie saak dat ek nie altyd verstaan
My God het Sy Seun gegee
Uit liefde vir jou en my

Sy liefde sal ek bly vashou
Ek sal aanhou glo dat dit my dra
Vader U hart sal ek vertrou
Veral wanneer die wêreld iets anders van my vra

Vader-God ek hou vas
Ek weet U hoor die taal van my hart
Ek glo bo alles dat U verstaan
U is by my, ek weet U hou my hand

Ek sal bly vashou
Nooit sal ek U los
Al sê die wêreld wat
Al verstaan ek nie die treë

U hand, U hand dit hou my
U onderhou my lot
U weet wie ek is
‘n Kind genoem met U naam.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s