Byt vas

Perfekte Plan

Ek verstaan so baie dinge glad nie
Hoekom bly U vra
As alles om my sê eks mal
As almal sê ek moet maar weer hoor

Ek verstaan nie hoekom ek bang is
Dat U my alleen, iewers in die middel gaan bly los
Dalk is ek bang dit wat ek gehoor het was ‘n droom
Dalk is ek bang dit wat ek gehoor het was van ander en nie U

Tog ek ken U stem
My Vader se hart
Ek ken U klop
Ek weet wanneer U met U kind praat

Party bly glo
Saam met my hou hul vas
Ander dink eks goed verdwaald
Hulle wag net om te sien hoe als faal

Ek wil so graag hê
Die wêreld moet glo dat U bestaan
Ek wens so mense wat hiervan hoor
Sal nooit as te nimmer weer twyfel in U naam

Vader nogtans nie my planne
Mag net U hart geskied
Gehoorsaam sal ek wag
Totdat U wil opdaag.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s