Liefde so groot

Vensters van die Hart

My liefde vir jou
Dit is so oneindig groot
Ek wonder raak dit afgesaag
Jy hoor dit oor en oor

Partykeer lyk dit so
Jy praat van My
Maar jy ken My nie
Hoe graag wens Ek dit was anders?

Jy praat so baie
Met ander
Nooit met My
Hoekom?

Mag Ek vra?
Wel dit laat My wonder
Wonder of jy rerig lief is vir My
Wonder of jy omgee dat Ek bestaan

Jou dade sê iets anders
Dit sê nie Ek is God
Dit wys nie dat jy omgee nie
Jy voel so vêr van My

Ek wens so jy was nader
Ek wens so ons kon meer praat
Ek wens so Ek kon deel
My diepste hartsgeheime

Sal jy My laat weet
Asseblief die dag wanneer jy tyd het
Die dag dat Ek mag kom
En weer mag klop vir ‘n kuier in jou hart

Ek wens so Ek kon bly
Diep binne in jou
Ek wens so daar was ‘n vesting
Opgerig deur My

Ek wens so baie dinge
Tog dink Ek nie jy voel dieselfde
Jou hart is so vêr van My
Asseblief liewe kind laat weet My

Ek sien uit, Ek wens dit kon al wees
Tog sal Ek bly
By die vensters van jou hart
Daar sal Ek bly staan

Wagtend, soekend
Kykend
Wanneer My kind
Wanneer mag Ek ingaan?

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s