Blinde oë

Alewige baklei

Die baklei so sonder stop
Dit maak my moeg
Dis iets wat ek rerig
Net nie kan verstaan

Woorde van venyn
Dit sny swaard-skerp
Dit maak seer
Ek voel dit in my hart

As My kinders
Net wou verstaan
Hulle gee die duiwel plek
‘n Ere-plek in hul hart

Liewe kinders
Baklei maak niks beter nie
Dit breek net harte
Kinders s’n veral

Hou op daarmee vra Hy
Asseblief verstaan
Julle hou julle besig
Met dit wat net die duiwel bly maak

Kom na My
Buig heel eerste die knieë
Hoekom is dit so swaar
Om na mekaar te draai en te sê Vergewe my

Kinders maak klaar met wat jul skei
Van My
Mekaar
Ander ook ja

Ek wens so
Julle kon verstaan
Ek hoop so julle wou luister
Na die woorde van My hart

Hou op om mekaar
So seer te maak
Julle woorde breek
Dit ruk alles uitmekaar

My hart is herstel
Vir kinders wat bly wegdwaal
Keer terug na My
Maak seker julle gee ag op My naam

My naam verdien
Kinders wat My liefhet
Kinders wat luister
As Ek vra

Genesing van gebrokenheid
Dit bly so vêr
Want My raad bly altyd staan
Daar doer-agter in die kamers van jul hart.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s