Lofprysing

Vure van Lof

Uit my hart
Wil ek sing
Uit my hart
Wil ek prys

Die lof in my
Dit spring en juig
Voor U my God
Kom hulle en getuig

Van liefde so groot
Van trou so mooi
Van genade onverdiend
Vir almal wat sal glo

Is dit jy?
Liewe vriend
Kom na Hom
Maak Hom jou Heer

In jou sal Hy ook aansteek
Vure van Lof
Wat brand vir hul God
Skepper-Heer ons roem U naam!

U vul my hart
Met ‘n hoop
Wat ander dink
Het lank vergaan

Wat ander glo
Bestaan nie meer
Het U kom aansteek
Hier in my hart

Dag na dag
Nooi U my in
My Kind daar is soveel meer
Hoe graag wil jy kom kyk?

Met ‘n glimlag
Nooi U my nader
U laat my weer voel
Soos ‘n kind

Die opgewondenheid
Dit bruis binne my
U is my God
U is hier by my

Moenie opgee nie liewe vriend
Wat die wêreld sê jy het verloor
Gee Hy nog
Aan almal wat sal glo!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s