Liefde so groot

Daar is meer

Ek weet baie mense
Hulle verstaan of glo nie
Dit wat ons het
Wil Ek gee aan elke liewe kind

Kinders hoekom soek julle nooit meer nie?
Hoekom is kerke en rituele al waarby jul bly
Ek wil soveel meer gee
Tog is daar die wat glo dit is nie vir hul

Liewe kind, dit is vir elke kind
Enige een wat sal sê Here ek glo, U is ook vir my
Ek staan gereed, wagtend, kloppend aan jou hartsdeur
Wanneer liewe kind gaan jy My begin vertrou vir meer?

Liewe kind hoor asseblief My hart
Die diepte van ons verhouding
Dit lê alles in jou hand
Maak asseblief oop en sê Here ek soek meer

Meer as waaraan ek vashou
Meer as waarvoor ek hoop
Kerk-toe-gaan en Sondae
Maak dit net die begin liewe Heer

Ek soek meer
En ek gaan nie ophou nie
Nie voor ek ontdek het
Wie U rerig is o’ Heer

Vir my was U ‘n dooie God
Baie vêr van my
Nooit het ek geglo
U wil rerig so naby wees aan my

As kind het ek gedink
Dié boodskap het ek gekry
U bly daar vêr
En U sien neer op my

Nooit het iemand vir my gesê
Nooit het dit my so getref
U is God en het my lief
Met ‘n liefde wat U Seun gegee het vir my

Hoekom maak ons die boodskap
So goedkoop liewe Heer?
Ons hoor dit oor en oor
Tog lag ons steeds daarvoor

Die prys was so diep
Die prys was so duur
Ek verstaan nou Heer
Dankie dat U gekom het vir my.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s