Byt vas

Woestyn-Pad

Niks gebeur ooit verniet nie
Met alles het Ek ‘n plan sê die Here
Wat die duiwel beplan vir sleg
Dit neem Ek en maak dit goed

Die vraag is liewe kind
Vertrou jy My?
So baie gee so vinnig op
Sodra die reis te moeilik raak

Moet nooit moed opgee nie liewe kind
Op jou gee Ek ook nooit op nie
Die vervulling gaan jy nie sien nie
As jy sê ag nee wat, dit is nie vir my

Liewe kind daar kom tye van deurdruk
Tye wat jy moet sterk word
Tye wat Ek gaan sê My kind vertrou My
Loop die pad tot die bitter-end

Dit help nie jy gee iewers in die middel op nie
Hoe gaan jy ooit jou Beloofde Land bereik
As jy nooit deur die woestyn nie
Liewe kind?

My volk Israel was 40 jaar in die woestyn
40 jaar!
Omdat hulle geweier het
Om te glo soos ‘n kind

In die woestyn leer Ek jou soveel kosbare lesse
Dinge wat jy nooit met geld kan koop nie
Moet die woestyn-pad nie verag nie sê Hy
Hou uit, hou aan, hou vas sê Hy!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s