Byt vas

Mooiste deel van my

Hemelse Vader
Koning Jesus
Maak my hart
Die mooiste deel van my

Mag geen onreg
Daar heers nie
Mag geen hoogmoed
‘n Plek van eer daar kry nie

Mag leuens
Nooit daar koning kraai nie
Mag verdriet teenoor ander
Nooit hul oorsprong daar hê nie

Mag net U daar woon
Mag dit ‘n plek wees waar net U regeer
Mag U lig skyn soos die son
Mag dit in my alle duisternis verdryf

My hart
Maak dit die mooiste deel van my
Mag my hart altyd voor U buig
In nederigheid, opregtheid en trou

My hart
Maak dit die mooiste deel in my
Maak my hart
Ook die trouste deel van my

Mag my hart
Nooit dink aan U in die rug steek nie
Mag my hart
U asseblief ook nooit verloën nie

Mag my hart
Aan U bly vashou
Al sê ander als het reeds vergaan
Al sê die wêreld daar is net nie meer hoop

Mag ek nooit bereken
Of dit nog die moeite werd is
Om aan te hou
Met vas hou

Mag opgee
Nooit ‘n opsie wees nie
Mag die duiwel
Nooit sy sin kry nie

Mag ek altyd vir U lief bly
Mag ek altyd onthou wat U gegee het
U opoffering was nooit te groot nie
Mag dit ook dieselfde wees vir my

Ek hou dan aan omdat ek weet
Wie eerste gegee het
Ek hou dan aan omdat ek weet
U gee U krag aan my

Ek sal U hand bly vashou
Met als wat ek het sal ek vertrou
Al sê ander dat ek nie kan
Totdat U my kom haal

Jesus U is my Koning
U is my Rots
My sterk Anker
My Hoop wat nooit nie sal vergaan.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s