Byt vas

U is daar

Daar is so baie kere wat ek wonder
Wonder hoekom daar donker dae is
Hoekom hulle nodig is
Hoekom daar tye is wat ek niks verstaan

Dan onthou U my, U sê Ek is daar
Wanneer die lewens-storms woed
My kind onthou altyd, Ek is daar
En nooit ooit sal Ek jou verlaat

Vader die storms maak seer
Hulle gooi water in my lewensboot
Hulle laat my dink dat ek nie kan aangaan
Dan herinner U my

My kind Ek is daar
Elke treë wat jy gee
Ek sal jou nooit verlaat
Ek is by jou tot als vergaan

Vader dit is meer as net mooi woorde né?
Dis die Waarheid van U Woord
Partykeer voel ek alleen, asof niemand verstaan
Dis dan wanneer ek moet onthou

Maak nie saak hoe ek voel nie
Maak nie saak wat die vyand sê nie
U belowe U is daar
En U Woord, U Woord is waar.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s