Byt vas

Korrekte fokus

Ek hoor jou hart liewe kind
Ek verstaan wat jy bly sê
Ek hoor en ek verstaan wat jy vra
Ek gee om oor wat aangaan in jou hart

Jy is nie alleen nie liewe kind
Ek is by jou
Weet een ding
Ons moet hierdeur

Nooit sal Ek jou sommer los nie
Ek begin geen ding en maak hom nie klaar nie
Als wat Ek begin, dit sal Ek klaarmaak
Sê die Heer

Vertrou My hart
Vertrou dit waarmee Ek besig is
Vertrou My
En hou aan vashou

Dis al wat Ek kan sê
Liewe kind vertrou My
Die proses
En jy sal sien

Die kere wat jy dink aan opgee
Moenie
Die kere wat jy dink Ek gaan jou faal
Moenie

Vertrou My hart
Vertrou My
Vertrou dit wat Ek besig is om te doen
Op die einde gaan als vir jou sin maak

Vader ek vertrou
Help my om aan te hou, om te bly vertrou
Ek hoor U hart, dankie Vader
Ek sal bly doen wat U van my vra

Dankie dat U my help
Die kere wat dit te moeilik wil raak vir my
Gee aan my die deursettingsvermoê
Die genade om te bly vashou

Ek hou my oë op U
Dit wat U van my vra
Geen links of regs afwyk nie
Nee, U is die Een voor my.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s