Nuwe hoop

Genade-Vleuels

In die skadu van U vleuels
Daar wil ek vir altyd bly
By die hart van my Vader
Daar waar ek U hoor

Vader trek my nader
Trek my nader aan U hart
U woorde wil ek liefkry
Meer as die een naaste aan my

In U alleen is als te kry
Dit wat my hart begeer
Liefde, oorvloed van vreugde
Hoop vir wat môre mag bring

Ek bly by U
Ek skuil by U
Ek sal nie opgee nie
Want U sê dieselfde vir my

Van ‘n verlede wat sê
Wie is God?
Tot ‘n toekoms wat sê
Jesus U is als vir my

By U hart sal ek bly
Help my om U nooit te verloën
Mag my lewe aanhou bely
U is my God, die Een by wie ek skuil

In die arms van U genade
Val ek dan nou Heer
Gee aan my U krag
Dit dra my dag tot dag

Ek loof U Heer
Ek prys U Naam
U is my God
Die Een by wie ek kies om te skuil.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s