Byt vas

U hart

U hart
Is die mooiste ooit
Net niemand
Kan ooit met U vergelyk

U is God
U is Heer
En U is hier
Dankie Vader-God

Vir genade onbeskryflik groot
Goedheid uitgestort
So onverdiend
Vanuit U hart

U bring net altyd meer
Hoop, liefde, vreugde
Lewe in die ware sin van die woord
Dankie vir als Koning-God

My hart word bly
Elke keer as ek aan U dink
Omdat U leef, leef ek
In U kry die lewe vir my sin

Saam met U sal ek bly sing
Nooit sal U my verlaat
U is altyd by my
Totdat als end

Dan sal ek juig
In die huis van my Vader
Sal ek bly sing
U altyd prys

U verstaan die kere wat ek wonder
Die kere wat ek stil is
En met als in my bly vashou
Totdat die antwoord kom

Ek sal U bly loof
Want U is God
U verstaan
En U is by my.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s