'n Seer hart

Die tyd is nou

Eina!
Ek sien soveel pyn, Ek sien soveel seer
Het jy geweet? Ek het gekom vir jou
Om vry te wees sê die Heer

Liewe kind
Draai vir ‘n slag na My
Asseblief kies My
En sien na waar Ek jou kan lei

In jou hart is daar nie
Veel vertroue in wie Ek is nie
Sê die Heer
Ek kan sien jy glo so die teenoorgestelde van My

Asseblief liewe kind
Sal jy verstaan
Ek is soveel meer
As wat die kerke en wêreld sê Ek is

Ek is God
My grootste begeerte is om
Jou te koester
Jou hart te vat en al die seer te genees

Liewe kind
Dit begin met een regte tree
‘n Hart wat sê
Liewe Heer asseblief ek kan nie meer

Liewe kind Ek verstaan jou seer
Ek gee so baie om
Ek hoop so jy is op die plek
Waar jy besef dis woorde sonder ydele eer

Ek gee so baie om
Oor jou, jou seer
Wie jy is
En wie Ek jou gemaak het om te wees

Liewe kind Ek praat met jou, die een wat My nie ken nie
Die een wat altyd weghardloop
Die een wie vir homself baklei
Die een wie eintlik baie bang is diep binne-in

Liewe kind asseblief hou op wegstoot
Hou op om die vieslikste goed te glo
Ek is so baie lief vir jou
En jy is goed genoeg net soos jy is

Moenie wag totdat
Jy beter voel oor jouself nie
Moenie wag totdat jy dink
Nou is ek gekwalifiseer

My Seun se bloed het jou gekwalifiseer
Deur Hom kan jy kom
Die deur is oop, asseblief liewe kind
Die tyd is nou, asseblief kom in

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s