Blinde oë

Kies My

Die seer in hierdie wêreld
Dit ruk my hart sê die Heer
Die goed wat mense toelaat
Dit breek My hart deur en deur

Die dinge wat Ek van julle vra
Dis vir julle beskerming sê die Heer
Tog bly jul dink Ek is outyds
Tog bly jul dink Ek weet nie wat Ek vra

Liewe kind, dit wat Ek vra
Dis vir jou beswil sê die Heer
Hoekom kies julle altyd alles anders
Voor julle besluit op ‘n tydjie saam met My?

Ek wonder
Is dit minder-waardigheid
Of is dit eintlik
Heer, ek kan beter doen as Jy?

Ek verlang om My hart te deel
Ek hoop so jy wou besluit
Om die ware Ek te ontdek
En hierdie pad te loop saam met My

Die wêreld bied jou soveel opsies
In die eie ek se oë klink hulle so wys
Asseblief liewe kind luister na My
Ek is die enigste ware weg, kom na My

Ek wil nie hê liewe kind
Dat dit eendag  wanneer dit te laat is
So kristalhelder sal wees
En dat jy dan sal sê was dit maar gewees?

My kind die beste tyd is nou
Moenie uitstel nie
Moenie aanhou afstel nie
Ewig te laat? Asseblief mag dit nooit so wees

Kies nou
Kies My
Wees wys
Asseblief liewe kind luister na My

Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s