Blinde oë

Trone van Seer

Julle gee nie om op wie julle trap
Of wie seerkry in die proses nie
Al wat saak maak is ek sal bo uitkom
Basta met die res!

Liewe kinders julle doen verkeerd
Ek het nooit gekom
Mense gemaak
Vir jou om te sê vergeet die ander een

Ek is liefde sê die Heer
Vertrou My
Wys wie Ek is ook aan ander
Jy wie sê Ek is jou Heer

Asseblief liewe kinders
Hou op om te trap
Julle bou julle trone met ander se seer
Dit is nie reg nie

Hou op daarmee
Asseblief vra Hy
Ek hoor die pyn
Ek sien die seer

Geluk gebou
Met ander se pyn
Dis geen ware geluk nie
Dis verkry met bedrog tussen-in

Asseblief kom terug
Liewe kinders
Laat My manier van dinge doen
Ook julle s’n wees

Skoon hande kan Ek seën
Rein harte maak My bly
Kinders wees skoon, wees rein
Vry van die besmetting om jul heen

Moenie doen wat die wêreld doen nie
Moenie sê wat hulle sê julle moet sê nie
Wees ‘n helder lig
Skyn vir My sê Hy

Ek sal jou ondersteun sê die Here
Maar dan moet My manier joune wees
Geen bedrog, geen leuens
Geen steel van ‘n ander een.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s