Byt vas

Aanhou glo

Hoekom gee ek partykeer
So verskriklik vinnig op
Hoekom hou ek nie aan glo?
Hoekom vertrou ek nie U hart?

Bang-wees dit is die woord
Bang dat U nie te vertrou is nie
Bang dat ek dalk verkeerd hoor
Bang ek kry weer seer
 
Seerkry is nie lekker nie
Seerkry maak seer
Daarvan het ek genoeg gehad
O Heer
 
Ek wil aanhou glo
U is altyd te vertrou Heer
Nooit sal U my verlaat
En U kan alles draai vir U eer
 
Ek wil aanhou glo
U maak nie seer
Ek wil aanhou glo
U hart vir my bly altyd mooi
 
Help my Heer
Om aan te hou glo
Mag ek weet o Koning
U hart is die mooiste van almal Heer
 
U kan my nooit verlaat
U sê dit altyd Heer
Elke belofte van U Woord
Is duur gekoop met U bloed
 
Ek gee U my lewe
Heer weet dit altyd
U bly my Anker
U is my Hoop
 
Aanhou vertrou
Dit bly die beste geweer
Ek moet aanhou glo
Want U is altyd daar o Heer
 
Ek sal bly vertrou
Op U Woord sal ek aanhou staan
U bring lewe
En U gee hoop
 
U bly my Heer
Ek sal aanhou glo
U is te vertrou
Ek weet dit diep binne Heer.

Advertisements

2 gedagtes oor “Aanhou glo”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s