Nuwe hoop

Jahwe Sjamma

Vader-God laat U lig skyn
Laat dit alle duisternis in my verdryf
Laat dit verdwyn alles wat nie van U is nie
Die vrees ook o Heer

Ek gee alles vir U
Elke krieseltjie ongeloof
Maak dit dood
Laat net U oorbly Heer
 
Leer my meer en meer
Om te spreek
Woorde van geloof
Woorde wat sê U is daar
 
Dis al hoe die duister gaan
Sê Hy
Liewe kind jy wat glo
En aanhou sê Ek is daar
 
My woorde sit geloof in julle harte
Sê die Heer
Praat dit, glo dit
Maak dit jou eie liewe kind
 
Die Bybel is baie meer
As net leë woorde liewe kind
Dit mag dalk mooi klink op die oor
Maar glo jy dit in jou hart?
 
My Woord is nie ‘n ritueel nie
My Woord is Lewe
My Woord is jou Wapen
My kind hou aan glo!
 
Nooit ooit sal Ek jou verlaat
Ek kan nie sê die Heer
Hou aan glo!
Hou aan glo!
 
Hou aan met vasbyt
Ek sal jou nie verlaat
Hou aan glo
Ek is daar!
 
Ek sien jou hart
Die seer van die verlede
Wat dit aan jou gedoen het
Liewe kind
 
Hou aan glo
Ek is daar
Ek sal jou nooit verlaat nie
Hou aan glo!
 
My hart kan jy vertrou
Nooit ooit sal Ek jou verlaat
Ek kan nie
My Woord is Waar
 
Hou aan glo
Moenie ophou nie sê Hy
Hou aan!
Weet dit Ek is daar
 
Ek sal jou nie verlaat
Nooit
Ooit
Glo My want dis waar
 
Vertrou My
Ek is daar
Ek sal jou nie verlaat
Ek kan nie sê die Heer.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s