Nuwe hoop

Onontdekte skatte

Die wie My kies
Nooit sal hulle beskaam staan nie
Wanneer hulle kies om te glo
Begin die pad waarlik eers sê die Heer

Moet dan nie ophou nie
Sê die Heer
Jou hart oopmaak en My innooi
Dit is net die 1ste tree

Daar is soveel meer
Dit is ‘n reis
Na ‘n Hemelse Beloofde Land
My kind jy moet aanhou glo

Stadig maar seker
Sal jou treë moet draai
Van dit wat die wêreld bly gemaak het
Tot dit wat woon in My hart

Liewe kind
Op hierdie pad saam met My
Is daar skatte
Wat jy nooit op die ander een sou vind

Ware liefde
Ek in jou
Ewige vreugde
Hoop vir elke dag

Liewe kind
Ek raak so opgewonde
As jy net kon sien
Alles wat op jou wag!

Liewe kind Vertrou My
Jou pad het begin
Geloof
Dis wat ons dit noem

Geloof is om te Glo
Al sien jy niks om jou
Geloof is om te Weet
Ek is daar en Ek gee om vir jou

Ek is so bly jy het gekom
Ek is so bly jy het besluit
Om die pad te loop saam met My
Al wat dit vra is jy wat sê Omdraai sal ek NOOIT.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s