Oorgegee

Gevaarlike tong

Vader Ek gee U
Die leisels van my tong
Neem beheer en laat dit gaan
Net waar U wil hê o Heer

Die leisels van my hart
Het ek reeds aan U gegee
Sonder U weet ek
Spreek ek net die dood

Ek praat voor ek dink
‘n Groot grap
Maak ek dit dan ook sommer
Heer

Vader vergeef my asseblief
Vir die roekeloosheid
Waarmee ek my tong lei
Ek weet dit kom nie van U

Ruk my aan die toom
Tem my tong
Vader leer my asseblief hoe
Sonder U gallop ek na die dood

Woorde wat net aanhou
Stories aandra
Hier dan daar
Kom ek vertel jou gou ‘n ding

My kind dit hoort nie so
Luister na My
Ek wil jou leer
Die waarheid in My hart

Ek kan nie sê wat ek wil nie
Hoe gevaarlik is dit nie my God
Woorde wat bly hardloop
Sonder stop

Brekend
Swetsend
Tergend
Koud

Hulle bring my by ‘n afgrond
Waar ek beloon word
Met ‘n sprong oor die rand
In die grootste nood

Vader leer ons wysheid
Help ons om te sien
Woorde sonder ‘n stang
Is soos ‘n perd reguit oppad na sy dood.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s