Blinde oë

Ore wat hoor

Nooit sal Ek verander nie
Sê die Heer
Gister, vandag
Tot in alle ewigheid bly Ek dieselfde

Wat gister vir My belangrik was
Is ook vandag vir My belangrik
Ek verander nie
Nooit nie

Kinders
Dis net julle wat so dink
Julle
En die leuens van die vyand

Wat gister belangrik was
Is ook vandag belangrik
Jou hart
Dit is waaroor alles gaan

‘n Hart wat omgee om te luister
En vir sy ore sê hoor!
Luister na My Woorde
Ek wil julle help sê die Heer

Ek sien die nood waarin julle verkeer
En Ek gee om
Baie
Hoe graag wil Ek julle tog help

Kinders draai weg van dit wat ons skei
Draai terug na My!
Hoor die Woord
Ek gee om!

Meer as wat julle kan dink
Meer as wat julle verstaan
Maak My weë julle s’n
Vra die Heer

Moenie slim wees in jul eie oë nie
Moenie dink jy stap met alle wysheid in pag nie
Maak My weë joune
Laat My slimheid joune wees sê Hy

Ja dit lyk anders as die wêreld s’n
Baie
My weë is ewig
My manier van dinge doen die beste ooit!

Moenie dink jy weet beter as Ek nie
Liewe kind jy doen nie
Die lewe sal jy vind
Wanneer jy ontdek dit is in My

Asseblief luister na dit wat Ek vra
Ek weet wat Ek vra
Ek vra dit vir jou liewe kind
Nie vir My nie sê Hy.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s