Nuwe hoop

Kruis van Golgota

Ek staan by die deur
En Ek klop
Gaan jy oopmaak en sê
Heer kom asseblief in

Liewe kind
As jy net kon sien
As jy tog net wou verstaan
Die Ewige Lewe wil Ek aan jou gee

Hoekom hou jy aan met weghardloop?
Hoekom noem jy jouself ‘n Christen
Maar wil niks te doen hê
Met dit wat is van My?

‘n Rein hart
En skoon mond
Is dit regtig
Te veel gevra?

Liewe kind hoe kan dit wees
Ek wil jou soveel meer van My gee
Tog bly die basiese beginsels
Net te veel vir jou

Liewe kind Ek sal jou help
Al wat jy moet doen is vra!
Ek wil jou help
Ek wil so graag hê My Seun moet leef in jou!

My kind
Hoe kan dit te veel wees?
Hoe?
Ek sukkel om te verstaan

My Seun het Ek gegee
My Enigste Seun
Vir jou op wie net die dood gewag het
Vir jou wat gesê het sonde kom maar in

Liewe kind in My is die Lewe
Ware Lewe
Als wat jy in jou diepste wese nodig het en begeer
Dit is als in My

Liewe kind luister
Asseblief luister na die woorde
Wat Ek voor jou bring
Ek is God!

Ek is Lewe
Ek is Hoop
Ek is wat jy sooo nodig het
Asseblief kom na My!

Kom na My toe
Almal wat vermoeid en belas is
Kom na My
Ek gee rus

Rus van hierdie wêreld en Sy dinge
Rus van dit wat jou aanhou skei van My
Hoekom is dit sooo moeilik om te luister
Na My woorde en dit wat Ek vra?

Die eie ek
Dit maak dinge so swaar
Here ek wil my way
Dit werk net beter sê jy

Liewe kind luister
Die eie ek moet sterf
Aan die Kruis van Golgota
Saam met Jesus sê Hy

Liewe kind soos wat Jesus gesterf het
Aan Sy wil
So moet jy ook sterf
Jou wil moet Myne word nes Syne

My Seun Jesus het jou gered
Sy gehoorsaamheid
Luister na My
Red van die Ewige Dood

As Jesus se lyding
Oorwinning was
Hoeveel te meer
Vir jou?

Liewe kind
Sterf aan jouself
Lê jou begeertes neer
Dit waaroor jy droom hoef nie als joune te wees

Jaag na …
My drome vir jou
Soek My wil
So sal jy vind Ek weet wat is die beste vir jou

Vertrou My soos ‘n kind
Jou Hemelse Vader wil Ek so graag wees
Getrou sal jy My vind
In elke area van waar dit jou aangaan.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s