Nuwe hoop

Uitklophou

‘n Oorgee-hart
‘n Hart wat oorgee
Dis al wat Ek vra
Dit kan nie te veel wees

Ek weet wat Ek vra
Liewe kind
Daar is soveel rykdom en diepte
Onontdek lê hulle en wag

Gaan jy begin krap
Dieper en dieper
Sal jy delf?
Totdat jy ontdek het wie Ek rerig is?

Jy glo soveel stories van My
Helfde is nie waar
Liewe kind asseblief kom nader
Ek brand om jou te wys

Die wysheid van hierdie wêreld
En die wyshede in My hart
Hulle leef op twee pole
Regoor, presies aan die teenoorgestelde kant

Twee uiterste pole
Soos magnete met dieselfde as
So sal hulle nooit een wees nie
Verwyder bly hulle van mekaar

Nooit aan dieselfde kant
Soos twee boksvegters staan ons teen mekaar
Wie gaan wen?
Wonder die toeskouers aan die kant

Liewe kind Ek het klaar gewen
My Woord is Waar
My Woord is Ewig
My Woord kan nie verloor

Aan wie se kant is jy?
So kan jy nie aangaan nie
Jy moet kies
Sê Hy

Liewe kind jy moet weet
Met jou aan My kant
Is jy in die wen-span
‘n Span wat nooit nie kan verloor

As opponent mik die duiwel sekuur
Wie sal sy houe tref?
Liewe kind maak seker jy koes mooi
Versigtig-wees trek dit aan as skoen

‘n Mens kan nooit te versigtig wees
So het jul ouers altyd gesê, dit is waar
Trippel om die duiwel en sy dinge
Dit kan jou lewe kos

Nee wat hy kort is ‘n uitklophou!
Jesus – Prys Sy Naam
Die kruis is die hou
Waarvan hy nooit weer sal herstel

Ratsend en skelm
Beweeg hy nou in die ring
Wie kan ek belieg?
Wie kan ek bedrieg?

Mmm … die wie nie in Sy volheid wandel nie
Die wie ‘n dowe oor gooi
Die wie nie rerig besef
Die oorwinning was alreeds gewees

Kom nou liewe kind
Trek aan daai boks-handskoene
Mik mooi
Slaan sekuur

Die wysheid van hierdie wêreld
Val moet hulle voor die Kruis
Die oorwinning en wysheid van die Hemel moet jy aantrek
Kyk … die toeskouers staan en wag!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s