Byt vas

Beste bruilof ooit!

Hoor die lied!
Die klokke lui!
Die uitnodiging weerklink
Vanuit die Koning se paleis

Die deur staan nog wa-wyd oop
Vir jou
Vir my
Vir almal wat sal kom

Kom in!
Kom in!
Voordat dit te laat is
Voordat die Bruilof begin

Almal is genooi
Tog is daar so min
Wat besluit om te kom
Na die Beste Bruilof ooit!

Dit is die Bruilof van die Lam
Een van die dae gaan Hy kom
Sy Bruid gaan Hy kom haal
In Wit is sy gekleë

Vir haar was niks ooit te veel
Gehoorsaam het sy die pad geloop
Die nou een
Die breë pad? Nee

Daai een … hy loop reguit na die dood
So baie het daar vertoef
Sy partytjies bly bywoon
Sekerlik omdat hulle nie besef het daar is meer!

Soveel meer as partytjie-en-jol
Luidrugtig met harte vol van seer
Voete gebind met vrees
Tog sou ‘n mens dit skaars glo!

Liewe kinders, liewe kinders
Daar is meer, soveel meer
As dronk-word met ‘n glasie bier
Elke keer wanneer die braaivleis-vure wink

Liewe kinders Ek wil julle leer
Wie van julle gaan hoor?
Wie wil deel wees
Van die GROOTSTE BRUILOF ooit?

Nooit was
Of ooit sal daar
Iets soos dit wees
Prysloos, geen mens kan bekostig om dit te mis

Die wêreld gis, hulle sê dit kan nie wees
Liewe kind luister
Die tafels is gedek, die stoele staan gereed
Sê my … Gaan jy daar wees?

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s