Nuwe hoop

Hartsdeur

Soveel kere roep Ek
Soveel kere wil jy nie hoor
Ek roep
Wanneer gaan jy hoor?

Ek roep met alles in My
Alles roep na jou
Liewe kind luister na My
Wanneer gaan jy antwoord gee?

Daar is nie meer verskriklik baie tyd nie
Die tyd word al hoe korter
Wanneer gaan jy hoor?
Asseblief kom na My

Die wêreld wil hê jy moet glo
Daar is nog baie tyd
Vir partytjie, jol
En tienduisend ander dinge tussen-in

Liewe kind
Daar is nie meer tyd nie!
Vir ernstig-raak en wysheid moet jy tyd maak
My koms is voor die deur!

Nooit gaan hierdie wêreld kan sê
Ek het nie geweet
Elke oor sal hoor
Elke hart sal eers weet!

Moenie terughou nie
Liewe kind, Ek praat van jou
Die een wat nou hier lees
En diep binne weet Ek stuur jou!

Na ‘n gebroke, stukkende wêreld
‘n Wêreld wat moet weet
My Seun
Is Sy Enigste Hoop!

Omdat Ek leef
Kan jy uitgaan liewe kind
‘n Verskil kan jy gaan maak
Dit begin met waar jy is!

Laat My Woorde
Joune begin word liewe kind
‘n Hart vol liefde vir My
Dis al wat nodig is sê Hy

‘n Vuur wil Ek uitstort in jou hart
Gebore deur My Gees
Kom voor My troon liewe kind
En lê jou alles neer

Daar is nie meer tyd vir jou planne nie
Sê die Heer
My planne is die enigstes
Wat sal werk

Hierdie wêreld moet weet
Ek leef!
Ek bestaan!
Dit is nie die grootste leuen

Kom na My!
Maak oop julle gehoor
Hierdie wêreld wil Ek red
Elke oor moet hoor!

Sodat niemand
Ooit kan sê
Vir my
Was dit nie gewees

Dit is vir Jou
Vir jou wat nou hier lees
As jy sal glo
Kan Alles anders vir jou wees

Kom dan nou na My
En gee oor
Jou alles moet dit wees
Anders kry die duiwel net weer sy voet in die deur

Alles! Jou alles liewe kind
Lê dit neer!
Maak My Koning
Laat My toe om te regeer

In jou aksies
In wat jy doen en sê
Laat mense kan sien
Ek is die Een in wie jy sê jy glo

Deur julle voorbeeld
Die manier waarop julle leef
Kan Ek die wêreld red
As julle net wou doen wat Ek sê

In My Koninkryk word leuens nie verwelkom nie
Dink net hoe anders sou hierdie wêreld wees
As My kinders rerig kon sê
‘My woord is waarlik my eer’

My kinders, asseblief
Luister na wat Ek vra
Vir julle gebeente sou dit lewe wees
As julle net sou leef soos wat My Woord van julle vra

Julle almal het Bybels
Tog maak julle hulle so min oop
Liewe kind hoe sal Ek die verkeerde dinge ooit kan wegwas
As julle nie besef dit moet eintlik nie daar wees?

My Seun se bloed het jou vrygemaak
Sodat jy kan lewe vir My
Hoe gaan My verlossing hierdie wêreld bereik
As jy aanhou sê ‘ek weier, ek gee nie ‘n tree’

So baie kere sien julle My hand
Dan dink julle
Ander kan die Here maar gebruik
Ek is nie daai een

Liewe kind Ek wil jou gebruik
Jy wat nou hier lees
‘n Sagte woord, ‘n bemoedigende druk
Sal jy asseblief My liefde aan hierdie wêreld wys?

Die seer in jou verlede
Kan Ek gebruik om ander te bereik
Die wat op ‘n ashoop sit en wonder
Is daar ooit nog hoop vir my?

Liewe kind jy is hul antwoord
Deur jou en die storie wat jy loop
Kan hul hoor, sien en verstaan
Verder as die ashoop is waar Ek iemand gaan haal

Ek spesialiseer in seer en die genesing daarvan
Nooit is dit te veel gevra
Van die swartste sonde tot die diepste seer
Ek sien die nood waarin jy verkeer

Al wat Ek vra is
Kom na My
Liewe kind Ek kan net werk
Met dit wat jy bereid is om oor te gee

Dit help nie jy bly wonder
Maar jou hartsdeur gaan nie oop
Ek wens Ek kon meer doen om jou te wys
My Seun aan ‘n houtkruis dit was My als gewees

Vir jou het Hy gely, vir jou het Hy gesterf
Uit liefde sodat jy en almal kan weet
Daar is niemand meer te vertrou
So sal dit altyd wees

Deur My Gees sal Ek jou oplei
Ek sal jou sterk maak
Vir jou om te bly staan
Wanneer sonde weer kom en sê ‘Maak tog oop die deur’

Saam met My kan jy vorentoe beweeg
Ek gee om – asseblief luister na My – Ek het gekom vir jou
Wat kan Ek meer doen om jou te wys?
Wat meer kan Ek gee?

Vir jou om vry te wees
Vry van sonde
Vry van dit wat jou bly terughou
Sodat jy waarlik vir My kan LEEF!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s