Lofprysing

Genade-Reën

Elke dag
Reën dit op ons neer
Seën op seën
Die Here is so goed

Asemteue aan jou en my
Elke dag
‘n Son wat skyn
Altyd besig om die dag nader te wink

U genade
Bly op ons neer-reën
Ons besef dit nie
Ons gee aan U geen eer

Kinders word gebore
Lewe word aan ons gegee
Geskenke uit U hand
Tog gee ons ander gode die eer

Omdat U is
Is ons
Watter voorreg om te lewe
In die seën van U genade

Ons sê dankie Vader-God
Ons loof en prys U naam
Geen ander god is daar soos U
U is waarlik die Enigste Ware Een

Ons bron van LEWE
Ons bron van HOOP
Gawes uit U hand
Ontvang ons elke dag o Heer

Daarom buig ons harte in aanbidding
Ons bely en ons erken
Die voorreg om te lewe
Dit kom alleen van U

Genade groot
Skenk U ons elke dag
Winde wat in die blare sing
Rotse wat die dieptes van die see verberg

U is ons God
U is ons Heer
U is ons blydskap
Omdat U leef sal ons nooit Hoop verloor!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s