Nuwe hoop

Eer van Konings

Ek wil jou wys
Al die mooi dinge in My
Onontdek lê hulle en wag
Hulle roep ‘Kom soek na my’

Soveel diepte
Soveel rykdom
In wie Ek is
Wanneer gaan jy kom kyk?

Die dinge waarmee julle
Jul besig hou
Is so oppervlakkig sê Hy
WARE LEWE is in My!

Liewe kinders kom na My
Albert Einstein en soveel meer
Dit is wat Ek kan doen
Met en in elke kind

Soveel ontdekkings
Het die wêreld al gemaak
Daar is meer! sê Hy
Die oppervlak het julle nog net aangeraak

Daar is meer!
Daar is meer!
Soveel diepte
Soveel rykdom in My!

Raak julle nie al moeg nie?
Is julle nog nie verveeld nie?
Al die goed wat die wêreld julle voorhou
Dis gemaksugtigheid van die vlees!

Kinders daar’s soveel meer
Op ‘n ontdekkingsreis wil Ek jou neem
Na meer en meer
Die hoogtes in My

In jou lê daar soveel potensiaal opgesluit
Soveel! Meer as jy wat jy ooit sou kon glo
Gaan jy kom?
Ek kan dit net deel met die wat begin vra

Vader hoekom is ek hier?
Waarom het U my gemaak?
Wat is dit wat U wil hê ek moet doen?
Lei my op, stuur my om vir U te werk

Hierdie wêreld wil ek verander vir my Koning
Dit is my hart
Sê my
Leef dieselfde vraag in jou?

Kinders al wat dit kos
Is kom na My!
Oop, eerlike, rein harte
Dis al wat Ek vra

Het jy geweet Ek is die Koning van Kreatiwiteit?
Als wat mooi is in hierdie wêreld kom van My
So graag wil Ek dit deel
Met almal rondom My

Wanneer jy ‘n blommetjie sien
Dink aan My
En die liefde vir jou
Wat blom in My hart

So graag wil Ek deel
Als wat Ek is en het deel Ek met jul
Die wêreld en My prag-skepping
Dit is My hart vir jou!

Deel, deel, deel
Dit is wie Ek is
Dit is wat Ek doen
Ek deel Myself met jou

So graag wil Ek hê
Jy moet ook dieselfde doen met My
Deel en gee jouself
Ek wil MY LEWE uitstort op jou!

In My is daar soveel vreugde!
Soveel hoop!
Alles wat jy begeer om te hê
En so voor hoop, dit is als in My!

Kom na My
Liewe kind laat Ek jou wys
Die diepte van MY WOORD
En wie Ek rerig is!

My Woord is Ek
Dit is wie Ek is
En wie Ek wil hê
Jy moet ook graag wees

Daarom liewe kind
Moenie aanhou uitstel nie
Kom na My
Kom leer van My

Ek wil jou wys die geheime in My hart
Die diepte,
Die rykdom van wie Ek is
My Woord sê, net Konings soek daarvoor. 🙂

(Spreuke 25:2)

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s