Liefde so groot

Genade-Stem

Die seer in my
Lankal het ek daarvan vergeet
Toe kom wys U my
My kind dit is nog ‘n probleem

Groot en werklik ook
Dit help nie jy hou aan sê
Dit raak my nie meer
Ek is al lankal daaroor!

Kind wat julle nie besef nie
Daar is nou vashou-plek vir die vyand
‘n Broeiplek vir die seer
Tyd om eiers te begin lê

Stadig maar seker
Bou dit op
En op ‘n dag … ontplof!
Dan word dit ontbloot en verblind ander om jou heen

Jou mens-wees tas dit aan
Maak van jou iemand
Wie Ek nooit gemaak het nie
Iemand wie Ek nie wil hê jy moet wees

Gebroke vlees
Is jy dan
Nie ‘n kruik
Bruikbaar vir my eer

Gesond wil Ek jou hê
Sodat jy vir die wêreld
Kan gaan vertel
Daar is ‘n God wat leef!

Gebroke mense breek net af!
Dit wat Ek wil bou
Dit breek hulle
Met woorde en dade

Gesond wil Ek jou maak
Sodat jy waarlik kan leef
En vir My
‘n Verskil kan gaan maak daarbuite

Soveel impak kan julle hê
Hierdie wêreld kan julle ‘n beter plek maak
As julle net wou glo
En doen wat Ek van julle vra

Ek vra so baie kere
Tog is daar so min van julle
Wat kom en omgee om te hoor
Julle vra nooit ‘Vader wat dink U daarvan?’

Kinders Ek hou nie van al die vuilgeit in hierdie wêreld nie
Dis nie hoekom Ek julle gered het nie
Ek het gekom om julle vry te maak daarvan!
En te vra ‘Wees die Lig vir My!’

Liewe kinders Duisternis hou van
Dinge in die donker doen
Nooit sal hy na die Lig toe kom nie
Nee hy hou te veel daarvan!

Kinders as julle dit wat julle doen
Nie voor My kan doen nie
Moet dit nie doen nie!
Asseblief Ek vra mooi

Kinders, kinders
Moed-verloor-se-vlaktes daar was Ek al gewees
Maar toe onthou Ek weer
Die bloed van My Seun wat aan ‘n kruishout hang!

Om julle te red
Van die hel en van verderf!
Kom uit onder hulle heen
Ek het julle geroep vir meer!

‘n Heilige Priesterdom
Dit is Ek in julle
Deel van ‘n Hemelse Koninkryk
Vry van die besmetting om julle heen

Kom dan nou!
Ek roep julle om skoon lewens te leef!
Rein en heilig
Soos My Seun wie se bloed gevloei het vir jul!

Uit liefde het Ek hom gestuur
Omdat Ek geweet het
Hy kom van My
Hy sal die wêreld kan red

Gekom het Hy gekom
Vir almal om vry te wees
Omdat Hy geweet het
Daar is die wat sal hoor!

Die wat sal ag gee op Sy roepstem
Genade wat tot vandag toe roep
Wie wil gered word? Wie is bereid om te kom?
Weet dit … Ek is die Enigste, Ware Een.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s