'n Seer hart

Is jou hart gesond?

Wanneer Vader na hierdie wêreld kyk
Sien Hy gebroke harte
Seer in elke vorm
Daarvan is ek seker

Op die oog af lyk mense so gesond
So in beheer van die lewe
Tog as iemand net wou verder kyk
Sou hulle sien … Harte aan flarde

Hierdie wêreld roep na genesing
Van mense se harte
Tot buite se seer
Wie kan Lewe gee?

My kind Ek kan
Dit is My hart vir jou
Genesing
Van als wat seer is daarbinne

My kind die antwoord is
Kom na My
Nooit sal Ek jou wegwys
Ek sien die gesoek, oral om jou heen

Waar, waar kan ek vertroosting vind
Vir die seer wat in my pols?
Uitdoof is al wat werk
Konstant opsoek na iets wat als-stil-maak-in-my

Ek kan sien …
Van dwelms tot drank
Van selfbevrediging tot sukses by die werk
Van tv-reekse tot movies elke aand

Liewe kind as jy kon sien
Die verwoesting wat dit bring
Dit maak als net erger
Die seer in jou hart … dit raak niks beter

Hou op met uitdoof-medisyne
Liewe kind Ek smag om jou te wys
Genesing
Aan elke kant

Die goeters jaag jou
Konstant bly jy besig
Om daarvan te vergeet
Dit in-die-oë-kyk sal ek nooit!

Liewe kind toets jouself
Probeer ‘n dag
Net Ek en jy
Hoeveel vrede en rustigheid heers daar in jou hart?

Dit is wat Ek gekom het om te gee
Ek wonder of jy weet
Vrede en kalmte in jou gemoed
Sonder die alewige besig-wees om jou

Sit af al die geraas
Kom na My
Word waarlik stil
En vra … Is als gesond in my?

Kind as dit nie is nie
Is die antwoord Ek
Ek sal jou help om waarlik daarvan te vergeet
Dan sal jy nooit ooit weer daaraan hoef te dink.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s