Blinde oë

Een pad

My hart loop oor
Van liefde vir My Bruid
Die wie op My wag
Die wie sê U is my alles Heer

Kom dan nou
Gee alles oor
Hou op versuim
Hou aan met glo

Ek is jul Heer
Ek weet wat Ek van julle vra
Die gebede wat jy kom lê het voor My troon
Elke een het Ek gehoor

As julle net wou kom
As julle net wou kom
Waarlik uit die hart
Sou julle weet Ek is die enigste ware Een

Die Groot God
Die EK IS
Die Almagtige
Die Here jou God

Liewe kind hou op uitstel
As jy waarlik wou hoor
Sou jy sien, sou jy dalk verstaan
Daar is nie ‘n ander een

Ek is die God van hemel en aarde
Alles het Ek gemaak
Alles is onder My voete
Daar is geen een hoër as Ek

Daar is een pad na My Huis
Sy naam is Jesus
Beslis en rein
So sal dit altyd wees

Niemand kom na die Vader
Behalwe deur My nie
Ek is die Weg
Ek is die Deur

Die pad na die Vader
Loop deur My
Liewe kind hoor die woord
Ek roep na jou, wanneer gaan jy antwoord gee?

Moenie wag totdat dit te laat is nie
Moenie wag totdat jou doodsbeendere uitroep
Daar was ‘n kans gewees
Maar ek wou nooit kom!

Die tyd is NOU
Liewe kind hoor My Woord
Maak seker jy gee antwoord
My roepstem gaan nie vir altyd skree

Die tyd is NOU
Voordat dit te laat is
Kom net soos jy is
Want die genade-deur staan nog wawyd oop

Weet dit
Ek wag vir jou
Ek gee nie op nie
Ek sal aanhou hoop dat jy antwoord gee.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s