Blinde oë

Roepstem

Wie kan Ek stuur?
Wie is bereid om die evangelie te bring?
Wie sal antwoord gee?
Wie sal met ‘n ander die blye boodskap deel?

Hoor My hart
As jy sou kom sou jy hoor
Ek gee om!
Ek maak oop blinde oë!

Kom na My
Ek wil jou red
Ek wil jou genees
As jy net wou antwoord gee

Verlossing wil Ek bring
Genade aan jou skenk
Maar dan moet jy kom
Jy kniee voor My bly buig

Hou op om te sê
Ek weet alles Heer
Hou op om te sê
Ek ken elke treë

Jy weet nie veel
Ek is God
Ek ken die pad
Ek rig jou treë

Die wêreld wil Ek aan jou gee
Wie Ek is
Wat Ek het
My alles met jou deel

Maar dan moet jy kom
Jy moet oorgee sê die Heer
Jou alles vir My gee
Sodat Ek met volheid in jou kan leef

Jou lewe moet Myne word
Sê die Heer
Jou alles
Nie hier en daar net ‘n stukkie van jou

Jou alles sê die Heer
Jou alles
Kom lê dit voor My neer
Ek sal jou leer die pad waar oorvloed waarlik leef

Amen, liewe kind kom na My.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s