'n Seer hart

Seer van die verlede

‘n Gebroke, seer hart
Bring ek voor U troon
Dikwels ontdek ek ‘n pyn
Wat ek so gehoop het, het lank vergaan

Wanneer gaan ek totaal nuut wees
Wanneer gaan ek werklik vry wees
Van al die pyn van die verlede
En die gevolge daarvan?

My hart het ek gesluit
U weet dit was so seer
Hoe kon hulle my boeties en sussies genoem word
Hulle wou dan alles breek

Vader ek verstaan nie
Ek verstaan so baie dinge glad nie
Hoekom moes ek daardeur
Wat wou U my daaruit leer?

Gaan ek ooit bo uitkom
Hoe kom ek heel hieruit
My hart is seer
Ek weet nie hoe nie Heer

Vir jare het ons saam gedien
Getrou U koninkryk
Bly bou
Geglo ons is ‘n eenheid Heer

Tog het U geweet dit is nie so
En ek was deel daarvan
Hope liefde het hulle gewys
Totdat hulle gesien het ons stem nie oor alles saam

Hoekom is dit so Vader
Hoekom is daar van U kinders
Hulle glo in die Lig
Tog bestraf hulle dit wanneer U wil werk?

Hoekom is dit so
Hoekom is dit so
Vader ek verstaan nie
Wat het gelewe in hul hart?

Hoogmoed?
Trots?
Tradisie?
Ek verstaan dit nie o Heer

Vader help my asseblief om hul te vergeef
Om waarlik vry te wees
Ek bring hul elkeen voor U troon
Ek vra Vader help asseblief hierdie kind

Elke hoë blik
Elke woord van seer
Hulle het gemik om my te breek
Dit was amper so gewees

Jo dit was seer!
Vader asseblief beskerm U kind
U weet my hart
Is om U bo alles te behaag

Daarom Vader vra ek vir mannemoed
Ek vra vir volheid van U Gees
U wat leef in my
Sodat ek alles kan doen wat U van my vra

Gee my meer Vader
Asseblief gee my meer
Meer van U volheid
Meer van U krag en lig in my

Vader gebruik my
As U wil
Soos U wil
Om hierdie wêreld te verander

Ek hou vas
Totdat U kom om my te kom haal
En ek voor U kan neerval
Ek ek U hoor sê: ‘My kind Ek is trots op jou!’

Vader ek weet U gee my alles
Wat ek nodig het
Om hierdie pad te loop
Om die wedloop te voltooi

Mannemoed
U krag
U Gees
Wat leef in my

Elkeen wat my seergemaak het Vader
Deur U krag en U genade
Spreek ek hul vry
Vader vul my hart met vergifnis en liefde teenoor hul

Slegs deur U genade
Sal ek hulle weer in die oë kan kyk
Groet en kan gesels
Selfs al deel ons ‘n gebroke “was”

Vader ek gee dit in U hand
Wys my asseblief wat U Wil
Vergewe my aandeel
En help my om U voorbeeld te leef

Met alles in my
Gee ek alles oor
Ek gee dit vir U Heer
Werk in my vir U eer.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s