Oorgegee

Stukkende wêreld

Verandering
Genesing
Vernuwing wil Ek bring
Aan ‘n wêreld wat sê ‘Kyk God gee nie meer om’

Armoede heers in hoeveel lande
Sonde in hoeveel harte
Weses word verdruk
Kinders word misbruik

Ai dit breek My hart
Wat om te doen daaraan?
Deur kinders wat bereid is om te luister
Kan Ek hierdie wêreld ‘n beter plek maak sê Hy

My hart is by die weerloses
My hand baie naby aan die gebrokenes
Die wie stukkend is
Wil Ek heel

Ek gee om sê die Heer
As My kinders net wou gaan
Wanneer Ek vra
My genade sal Ek aan jou gee

Als wat jy nodig het
Om ‘n verskil te maak
In hierdie wêreld
Is in My

Vra My
Waar?
Hoe?
Gebruik my Heer

Dis al wat dit kos
Kinders wat bereid is
Om te luister wanneer Ek vra
Wanneer Ek hul stuur

Dis al sê die Heer
Klein gebare van liefde en omgee
So baie beteken dit
Vir die wie seer het

Liewe kinders begin om die raak te sien
Van wie almal altyd vergeet
Die wie misgekyk word
Die wie gebroke is van hart.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s