Byt vas

Beelddraer

Moenie lelike woorde spreek nie
Vra die Heer
Groei in liefde vir My
So sal ook ander weet wie leef waarlik in jou

Ek wil hê
Jy moet ander hanteer
Soos wat Ek jou hanteer
Vra die Heer

Vol liefde
Teerheid
Ontferming
Sê die Heer

Ek wys jou nie heeltyd
Op jou foute nie
Ek vergewe en sê
My kind kom ons probeer weer

Ek veroordeel nie
Ek is langs jou
Altyd bereid om jou aan te moedig
Die kere wanneer jy dink ek kan nie meer

Moenie val en dan bly lê nie vra die Heer
Maak nie saak hoe jy voel nie
Maak nie saak wat die vyand vir jou sê nie
Staan net weer op

Val is nie lekker nie Heer
Soos ‘n groot mislukking voel ek
Goed vir niks
Kyk ek het sopas weer geval!

Daarin lê jou skat
Opgesluit en wag
Opstaan en weer probeer
Besef jy die krag wat begin leef binne jou?

Krag en sterkte
Om te oorwin
Wat ookal
Jy tegemoet mag gaan

Sterk, sterk word jy in jou binneste
Ek leer jou om te staan
Liewe kind
Selfs al woed die storms rondom jou

Jou arms maak ek sterk
Jou fondasie lê ons reg
Ons maak seker dis Jesus
En Sy krag wat leef binne jou

Liewe kind staan asseblief op
Moenie bly lê nie
Dit is wat die vyand wil hê
Staan op! Staan op! Word sterk in My!

Daar is enorme lesse
Wat Ek jou daardeur wil leer
Skatte wat jou lewe vir altyd sal verander
Besluit vandag … Jy sal aanhou glo

Maak nie saak wat die vyand voor jou bring
Hy kan nie wen nie
Die struikelblokke kan nie bly staan as jy sê
Ek gaan weer probeer!

Ek sal nie bly lê nie
In my God sal ek bly glo
Hy is my Krag en Sterkte
Sy elke woord is WAAR

Lees dan jou Bybel
Groei en sterk word vra Hy
Jy gaan dit nodig kry
Die einde is om die draai

Daar is nie meer tyd vir mors nie
Dis tyd om om te draai
Tyd om ‘n verskil te maak
In die lewens wat leef om jou

Kind kom na My
Kom na My
Met ‘n hart van totale oorgawe
Moenie bang wees om te vra Jesus word meer in my

Help my om ander te behandel soos U wil hê
Help my om die woorde te spreek wat U sou sê
Help my om ‘n verskil te maak
Help my om impak te hê

Vir U eer
Vir U Naam
Ons vergeet alte gou
Ons bly U beelddraer Heer.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s