Nuwe hoop

Prys van ‘n Ewigheid

Die skatte van die hemel
Moet julle s’n word vra Hy
Soveel kere vra Ek
Nooit wil julle hoor

Wanneer gaan julle hoor?
Liewe kind
Wanneer
Soveel kere vra Ek…

Liewe kind Ek vra
En Ek hoop jy besef
Wat Ek vra
Is waar

Julle kan nie lou lewens leef
En sê julle glo
Julle moet waarlik Myne word
Gees, siel en liggaam moet jy aan My behoort

Die prys van ‘n Ewigheid
Is op die spel
Moenie speel daarmee nie vra Hy
Die kans wat jy vat is ver-te-groot-verby

Jou siel
Jou hart
Jou alles
Moet aan My behoort

Jou woorde klink so mooi
Sê jou dade ook jy glo in My?
Kinders werklik uit jou hart
Kan jy sê dat jy rerig ten volle aan My behoort?

As jy waarlik lief is vir My
Sou jou dade, lewe daarvan getuig
Sonder om te blik of te bloos
Moet ander kan sien jy behoort aan My

Liewe kinders dis baie meer
As net leë woorde
Ek wil so graag hê My alles
Moet leef in jou!

Dat jy in My volheid
Sal wandel vra die Heer
Sonder voorgee
Nie een dag hier en die ander dag dan daar

Nee liewe kind
Kom tot voor My troon
Lê jou lewe neer
Daar My liewe kind, daar sal jy die Lewe vind.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s