Nuwe hoop

Wit vlag

Om te lewe in die oorwinning
Wat U vir ons behaal het aan die kruis
Vader dit vul my hart
Met vreugde onbeskryflik groot

My hart wil aanhou juig
Niemand is daar soos my God
Nooit was of ooit sal daar
Iemand soos U wees

Vader ek wonder of U weet
U is die rede vir my lewe
Die sin van my bestaan
Deur U krag kan ek bly staan

Daarom jubel ek
Daarom is ek baie bly
In feesklere kom dans ek voor U troon
U naam wil ek vir altyd besing

U Naam bemin ek
Baie meer as enige ander
U sit op die troon
U besit my hart

Ek bemin U meer
As wat woorde ooit kan bring
Voor U wil ek bly buig
U Naam vir altyd loof en prys

U is my lewe
U is die rede
Die God wat ewig leef
Woon in my

U getrouheid is groter
As die lewe
U koninkryk hemels
Vêr by enige ander een verby

U verlang na dit wat ons kan bring
Baie dikwels is al wat ons kan gee gebroke harte
Gebreek deur die wêreld se seer
Pyn al wat leef in en om my

Het jy geweet
Ek kan dit vervang?
Met My liefde
Kan Ek alles nuut maak sê die Heer

Ek kan die lewe se seer wegvat
En iets ongeloofliks
Maak daarvan
Het jy geweet?

Kom dan nou na My
Vra die Heer
Net soos wat jy is
Ook jou pa se vroeë dood

Vir baie jare
Het jy bly wonder
Gevra
Vader wat hiervan?

Kind selfs uit seer
Kan Ek iets mooi maak
Iets waarna jy sal kan terugkyk
En sê … wow hoe het dit gebeur?

Die lewe het seer liewe kinders
Dikwels vir baie jare
Bestaan dit slegs uit pyn
Maar dan op ‘n dag breek genesing deur

Liewe kind laat Ek jou bemoedig
Ek is LiG
Wat in die donker gebeur
Weet asseblief dit is nie van My

Hou op wonder … wat daarvan?’
Hou jou besig met dit
Waarmee Ek Myself sou besig hou
Sê My is dit regtig te veel gevra?

Hoe kan dit wees?
Hoe kan dit wees?
My Lewe, My Seun, het Ek gegee vir jou
Ek wonder … wat dink jy daarvan?

Genade onbeskryflik groot
Dit is my God so waar
Weet jy wat is genade?
Liewe vriend sê my

Dit is oneindige goedheid
Vergifnis vir ‘n kind wat in die modder bly baljaar
Dit is guns, dit is liefde
Dit is genade onverdiend

Onverdiend het Ek
Na hierdie wêreld toe gekom
Vir jou gely
Jy wat aanhou sê … wat daarvan?!

Is dit al waaroor hulle kan praat vra jy gereeld
Dalk weet jy nie
Wanneer My vuur onuitbluslik brand
Sal jy oor bitter-min ander dinge kan praat

Tel jou woorde
Dink voordat jy praat
Is dit opbouend of afkrakend
Raak dit aan stories aandra?

Mense kla julle maklik aan
Daai een doen dit
Daai een dat
Kan nog iets verkeerd gaan?!

Liewe kind hou op om die bandjie te dra
Wat sê God hiervan?
As jy nie waarlik omgee nie
Hoe hoop Ek My saad ontkiem werklik in jou hart

As jy waarlik lief is vir My
Sou jy tyd saam met My spandeer
Selfs al sê die wêreld
Dit is die verkeerdste ding

Kan jy verstaan
Ek vra omdat Ek omgee vir jou
Al wat Ek begeer is dat jy sal kom
En besluit om te groei in liefde vir My

Liefde wat borrel en oorloop
Niks of niemand sal dit kan keer
Jou lewe sou daarvan begin getuig
As jy net hierdie pad wou loop saam met My

‘n Pad waar jy bereid is om te luister
Ag te gee op My Woord
My toe te laat om jou te verander
Sodat jy meer kan word soos Ek

‘n Pad van verandering
‘n Pad waar jy bereid is om elke dag
‘n Bietjie meer te leer van My
Waaroor Ek omgee, wat belangrik is in My hart

Moenie sê julle is My kinders
Maar julle doen nie wat Ek vra nie
Dit is hoe jy jou liefde kan toets
Dit is hoe jy sal weet hoeveel van My leef regtig in jou hart

As jy lief is vir My
Sou jy kom
Jy sou oorgee
Jy sou bereid wees om hierdie pad te loop

Saam met My
Totdat Jesus terugkom
Sê die Heilige Gees
Weet dit Ek is by jou

Ek gee om, Ek sal jou help
Ek is altyd daar
Gee oor, gee oor vra Hy
Sê my asseblief jy hoor

My roepstem
My genade
Dit roep na jou
Hou aan vra … asseblief maak oop jou hartsdeur.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s