Nuwe hoop

Bang-vir-God-kinders

Soveel mense wat bang is vir My
Soveel mense
Dit verhinder hulle om te kom
En alles oor te gee aan My

Dit verhinder hulle om My lief te hê
Om My te vertrou
Om altyd te weet Ek is daar
En hulle kan op My staatmaak

Liewe kinders
Daar is geen rede om bang te wees vir My nie
My liefde vir hierdie wêreld
Is baie groter as My oordeel

Oordeel kom deur dade
Wat net nie is van My
Dis om julle terug te bring
Terug te bring na My

Liewe kind
Kom na My
Moet asseblief nie bang wees nie
Ek sien die vrees in jou

Ek weet jy’s lief vir My
Ek kan dit sien
Tog weet Ek
Jy’s rerig bang vir My

Liewe kind as ‘n goeie ouer
Op planeet aarde
Sy kind nooit skade aan sal doen nie
Hoeveel te meer Ek?

Die Woord sê
As julle My ‘n brood vra
Sou Ek julle ‘n slang gee?
Die Woord sê duisend maal nee!

Julle kan My vertrou
Julle kan My rerig-erig vertrou
Daar is niks wat Ek nie vir My kinders sou doen nie sê die Heer
Niks

Liewe kind wees net lief vir My
Net lief vir My vra Hy
Soos wat Ek jou liefhet
Soos wat Ek alles gegee het om in verbond te staan met jou

Soos ‘n man sy vrou koester
So sal Ek jou koester
Ek sal jou liefhê
Totdat alle tyd verdwyn

Liewe kind jy kan My so vertrou
My hart word warm elke keer wanneer Ek aan jou dink
Jou liefde vir My
Soos dou-druppels val hulle op My hart

Jou liefde vir My beteken so oneindig baie vir My
Ek wil nie hê jy moet bang wees vir My
Kom na My
Gee oor, gee alles vir My

Asseblief moenie bang wees nie liewe kind
Asseblief dis onnodig sê Hy
Vader ek is, ek is oneindig bang vir U
Hoe hoop ek dit was nie so gewees

Die wêreld, die kerk
Leer ons so gereeld
Hê respek vir die Here
Hy is baie groter as jy!

En ek weet dit Vader
Ek weet dit alte goed
Dis hierdie vrees in my
Wat ons twee aanhou skei

So baie kere doen ek goed
Baie goed
Ek maak my hart oop
Vertel U wat daarbinne lê

Dan ewe skielik
Van nerens en van erens
Kom hierdie pyl van vrees
En word weer aangesteek in my

Vader ek wil nie meer bang wees nie
Asseblief help my
Help my om in die volheid van U liefde
Vir my te wandel

Ek wonder of ook ander soos ek sukkel
Ons hou aan met weghardloop
Maak nooit rerig ons hart oop
Omdat ons so bang is U drop my!

Liewe kind Ek sal jou nooit drop nie
Die kere wat jy voel Ek doen
Dalk het Ek net besluit
Om jou gebed op ‘n ander manier te beantwoord sê Hy

Liewe kind Ek is so lief vir jou
Ek weet wat is die beste vir jou
Dis Ek wat in jou woon
Om jou nooit ooit te verlaat

Liewe Heilige Gees ons sê dankie
Vir wie U is en wat U
In verhouding met Vader vir ons beteken
Baie dankie

Liewe kind as jy lief is vir My
Gaan jy mos doen wat Ek vra
Jy gaan omgee wanneer Ek praat sê Hy
Asseblief liewe kind laat gaan van die bang-wees

Vra My Ek sal jou help sê Hy
Selfs al val jy liewe kind
Moet jouself nie veroordeel nie
Dis vir almal ‘n reis

‘n Reis om te groei in My
Dis al wat dit is sê Hy
Selfs al val jy
Selfs al kry jy nie alles reg

Hê genade met jouself
Dit beteken nie jy verloor jou saligmaking
Elke keer wanneer jy nie perfek
Alles doen wat Ek vra

Eintlik is dit maar net groei
En Ek wat jou meer wys
Wie Ek is
En om meer te word soos Hy

Jesus is Sy Naam liewe kind
Jesus
Een keer het Hy gekom
Vir al jou sondes gely

Sodat jy ‘n vol, ryk lewe kan lei
Sodat jy kan lief wees vir My
Soos man en vrou
Dis al vra Hy

Man en vrou
Hulle hou aan leer van mekaar
Waarvan hou jy?
Kyk wat is van My

Ek wil jou leer sê Hy
Dis al
‘n Beter en meer
Effektiewe manier van leef

My manier is altyd die beste
Sê die Heer
Liewe kind jy kan my rerig vertrou
Ek weet wat is die beste vir jou

Jou hart kan jy met My deel
Vir My vertel wat is belangrik vir jou
Ek wil so graag hoor
Liewe kind sal jy ook omgee oor wat belangrik is vir My?

Dis al wat Ek vra
Verhouding
‘n Lewende een
Tot die einde sê Hy

Ek seën jou liewe kind
Met die wete van Wie Ek is
Wat jy beteken vir My
Mag jy weet hoe oneindig lief Ek is vir jou

Mag liefde jou hart volg
Jou hart verbly
Jou hoop gee
Wanneer die donker dae kom

Liewe kind My hart kan jy vertrou
Met alles wat jy het
Met alles wat jy is
En weet Ek sal jou nooit-ooit verlaat.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s