Byt vas

Donker nag

Ek sien jou sê die Heer
Die kleinste van jou
Hier waar jy nou sit en tik
Ek is lief vir jou

Baie dankie Vader
Baie dankie vir wie U is
Baie, baie dankie
Ek waardeer U

Baie dankie dat U vir my kom sê het
U is lief vir my
Dankie Heilige Gees
Ek hoor U gepraat

Baie dankie dat ek U kan vertrou
Om my te help op hierdie pad
Saam met U het ek al baie storms deurloop
Ook hierdie een sê Hy

Liewe kind hou aan vertrou
Hou jou hand in Myne
Ons gaan hierdeur
Hou jy net aan vertrou

Geen nag is ooit te donker
As Ek deel is daarvan sê Hy
ELKE KEER sal die Lig wen
Elke keer as jy bly vashou sê Hy

Liewe kind ek weet partykeer raak dit baie donker
Ek weet baie keer wil jy nie meer weet
Dis omdat Ek so graag wil hê jy moet in My volheid wandel!
Omdat jy gevra het sê Hy

Liewe kind hoe kan Ek iewers in die middel ophou?
Half-pad is die stryd gewin
Tog is daar hier en daar
Nog iets waaraan ons kan werk

Liewe kind moenie kla wanneer Ek jou die dinge begin wys
Ek weet dis partykeer moeilik
As jy kon sien wat wag
Sou jy net so bly wees soos Ek!

Bly-wees dat Ek dit weer opbring
Bly-wees dat Ek saam met jou daardeur wil werk
Dit help nie ons hou aan weghardloop
Soos enige aardse stryd is die beste raad ‘Kom ons gaan daardeur!’

Saam sal ons by die Lig uitkom
Die oorwinning sal vir ons wag
Een ding kan jy weet liewe kind
Ek los jou NOOIT alleen

Al tref die donkerste nag
Ek is by jou
Al het jy als verloor
NOOIT sal jy My verloor

Liewe kind hou net aan
VASHOU
Hou aan glo
EK IS BY JOU

Want Ek is sê die Heer
Altyd
Baie naby
Dit kan jy maar weet

Partykeer kan Ek die donker nag nie keer nie
Partykeer raak dit moeilik
Liewe kind Ek wil hê jy moet weet
Ek kan ALLES draai vir My eer

Maak nie saak wat gebeur het nie
Enige iets kan Ek beter maak
Enige iets
Jou gebroke verlede ook

Ek weet daar was baie pyn
Ek weet daar was baie seer
Liewe kind Ek weet dis moeilik om te glo
Maar Ek kan ook dit beter maak sê Hy

Ek kan dit ‘n getuienis maak
Wat mense skaars kan glo
Maar dan moet jy kom
Dit aan My oorhandig vra Hy

Ek kan net werk met dit wat jy gee
Maak nie saak hoe graag Ek wil
Maak nie saak hoe Ek sien dis wat moet gebeur
Ek kan net as jy ook besluit jy wil

Daarom liewe kind
Selfs al is dit swaar
Selfs al het jy pyn
Asseblief bring dit na My

Ek weet hoe om daarmee te werk
Die beste sorg het jy
Ek is jou Vader-God
Genade is My Naam

Treetjie vir treetjie
Selfs al is dit al wat jy kan gee
Liewe kind dis 100%
Solank ons net begin om aan daai seer te werk

Oorvloed-lewe
Dit is My hart vir jou
Ek sal aanhou werk
Totdat Ek weer terugkom

So liewe kind word bly!
Word bly wanneer jy sien Ek werk
Word bly wanneer jy sien die wurms sterf
Dis net jy wat groei in My!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s