Byt vas

Helder Ligte

Sonder woorde klop Ek aan jou deur
My Gees getuig
Die skepping getuig
Ek is Heer

Niemand op hierdie aarde
Was of sal ooit
Soos Ek wees
Hoor jy hoe die skepping getuig?

Van liefde en genade groot
Van onverdiende guns
Van geloof
Van hoop

Hulle glo
Al het hulle My nog nie gesien
Hulle weet Wie het hulle gemaak
Hulle weet aan Wie hulle behoort

My kinders bewandel hierdie aarde
Sonder hoop was hulle eens op ‘n tyd ook gewees
Toe hoor hulle die boodskap van die Kruis
Besluit om hulle hartsdeur oop te maak en My in te nooi

My kinders is die hoop in hierdie wêreld
Deur hulle kan julle sien
Ek is, Ek gee om
Ek leef!

Het julle al die diep vreugde in hulle harte beleef
Dit blink warm op hulle gesigte, dis asof daar iets is waarop hulle hoop
‘n Belofte waaraan hulle vashou
Dit is Ek en ‘n ewigheid saam met My

In My voetspore wandel hulle
Vra elke dag Jesus kom wandel in en deur my
Barmhartigheid deel hulle uit
Gee so baie om vir die wie seer het

Sonder woorde is hulle hoeveel kere daar
Soentjies uitdeel vir ‘n seer knieg
Drukkies vir die wie dit nodig het
Liefde en vergifnis veral aan die wie dit in mense-oë nie verdien

Het julle al gesien
Hoe My lig in en deur hulle skyn?
Is jy al daardeur aangeraak?
My kinders maak hierdie wêreld ‘n beter plek

Hulle harte is skoon en rein
Voor geen bedrog sal hulle die knie buig
‘n Verkeerde uitruil-aksie aangaan
Of My probeer verheerlik in ‘n leuen

Hulle paaie is reguit paaie
Weë ver weg van die dood
Om oordeelsfoute te vermy
Vra hulle My gereeld Gee my U wysheid Heer

Hulle skyn soos helder ligte
In ‘n baie donker wêreld
Julle moes al gesien het
Hulle is oral om jul heen

Hulle weier om te doen
Dit wat die wêreld van hulle vra
Ingee en dronk word
Dit bly te veel gevra

Hierdie wêreld is hulle nie werd nie
‘n Ewige paradys is vir hulle voorberei
Vir altyd sal hulle saam met My wees
Die vreugde van My aangesig geniet

Wil jy nie ook een van hulle wees?
Sonder foute is hulle beslis nie
Tog leef daar in hul harte die begeerte
Liewe Heer as U kan en soos U wil gebruik my asseblief

Soveel mense kyk op hulle neer
Met vernedering in hulle oë
My kinders doen nie alles reg nie
Tog vra hulle gereeld Vader help my om te groei

Hou op om My kinders uit te haal
Dis maklik om ‘n vinger te wys
Tog bly jy ook net staan
Jy doen nie eens wat jy van hulle verwag

Moenie My kinders gebruik
As ‘n verskoning om nie te kom nie
Dit is baie gerieflik
Dit dra eintlik glad nie krag

Dieselfde foute wat hulle het
Het julle ook
Julle albei
Het My ewe nodig

Net omdat hulle Christene genoem word
Beteken nie hulle is ewe skielik sonder foute
Sien julle hulle aanhou-opstaan?
Sien julle hulle weer-probeer?

So dikwels tref die wêreld hard
Hulle voete word onder hulle uitgeslaan
Tog bly hulle vasstaan in dit wat hulle glo
Vasbeslote om nie te laat gaan

Saam met my Jesus
Sal ek hierdie berg oor
Dit sal my nie verorber
Ek is werd die liefde van ‘n Koning

Hulle weier om op te gee
Partykeer strompel hulle voort
Dis dikwels al waarvoor hul kans sien
Om met-als-in-hul verbete aan My genade vas te klou

Liewe kinders Ek wil hê julle moet weet
Ek sien dit!
Ek sal julle daarvoor beloon!
Dankie liewe kinders dat julle aanhou om die goeie stryd te stry

Vuishoue word jul dikwels toegedien
Hulle word gemik met die doel om julle te laat val
Tog laat julle toe dat dit julle geloof sterker maak
Net meer vasbeslote om die stryd nie te verloor

Liewe kinders julle gaan ook nie
Die wie saam met My is
Is baie meer as die wie teen ons is
Julle Koning kan nie verloor

Daarom hou aan om julle oë op My te hou
Al wil die wêreld en soveel mense julle breek
Hou aan … VOLHARD
Aan die einde gaan ons beslis nog staan

Maak nie saak wat die wêreld sê
Of voor julle bring nie
Moenie toelaat dat jul aandag ooit afgetrek word
Moenie toelaat dat dit julle sink nie

Die kere wat jy val
Die kere wat jy faal
Liewe kind dis okay
Bly doelgerig, staan op en probeer net weer

Aan die wie nog nie My kind is
Wil jy nie maar kom?
Word deel van My koninkryk
Vir jou sal Ek ook leer om net daagliks te groei in My.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s