My God is so wonderlik groot
Ek wonder of hierdie wêreld dit besef
Sy liefde en genade stort Hy elke dag
Soos reëndruppels op ons neer

Elke druppel met die boodskap
Weet julle van die Koning wat weer gaan kom?
Sien die natuur verkondig hierdie boodskap
Die Hemelse Koning gaan kom om Sy kinders te kom haal

Gaan Ek jou gereed vind is Sy vraag
Liewe kind weet dit
Die dag wanneer Ek kom
Vir terug-draai gaan daar geen kans wees

Die dag gaan kom
Die dag gaan kom
Liewe kind wees gereed
Asseblief dis al wat Ek vra

So gebroke soos jou hart dan gaan wees
So is Myne alreeds
Dis omdat Ek weet wie het ja gesê
Dis omdat Ek weet wie het gekom

Ek weet van jou wat nou hier lees
Jou hart bly wegdraai sê die Heer
Liewe kind hoekom is dit so?
Is Ek rerig die Een wie jy moet vrees?

Liewe kind wees eerder bang vir hierdie wêreld
Wanneer Ek nie meer hier gaan wees nie
Sonder My Heilige Gees
So sal dit wees

Glo My liewe kind
Sonder My
Wil julle nie
Op hierdie aarde wees

Wat ‘n verskriklike dag!
Wat ‘n verskriklike nag!
Liewe kinders
Wil julle dan rerig sonder My hier wees?

Geen mens sal dit kan maak!
Dit gaan verskriklik wees
My genade hand onttrek
Sonder Ek wat naby julle sal wees

Liewe kind asseblief laat gaan
Van alles wat ons bly skei
Hoor jy My hart?
Hoor jy hoe Ek vra?

Ek roep na jou
Ek vra so mooi
Wanneer gaan jy hoor?
Ek hou dan aan met vra?

Hoekom kies julle altyd
Alles bo My?
Hoekom is Ek in so min van My kinders se harte
Werklik nommer 1?

Dis vir My so moeilik om te verstaan
Dalk weet julle nie wat Ek weet
Ek het My lewe gegee vir julle
Sodat ons vir altyd saam kan wees

Julle buit My goedheid uit
Speel met My genade
Sê My liewe kind
Het Ek nie genoeg gegee?

Liewe kinders
Dit hoort nie so
Kom na My
Laat My toe om jou te klee met My volheid

Weet jy hoeveel vreugde sou jy ken
As jy net wou kom
Ophou om ‘n lou lewe te leef
Liewe kind Ek wil waarlik in jou woon!

Weet julle hoe moeilik is dit
Om My hart met julle te deel
Vandag is julle naby My
Môre weer baie vêr

Ek het geen waarborg
Dat julle lief gaan bly vir My nie
Al wat Ek vra
Is dat julle tot die einde sal bly groei in liefde vir My

Die liefde wat Ek in my hart voel
Vir elke liewe kind
So groot is dit
Ek wonder sal julle ooit verstaan

In liefde bly Ek uitreik
Ek stuur My kinders om vir hierdie wêreld te gaan vertel
Dat Ek leef en lief is vir hulle
Dat daar dinge in hierdie wêreld is wat nie is van My

Hoekom wil julle nooit hoor nie?
Hoekom wil julle nooit meer uitvind oor My nie?
Julle harte bly doof
Julle is verblind sê Hy

Verblind deur al die leuens van die vyand
Verblind deur alles wat julle so graag glo!
Liewe kind hoe kan dit so moeilik wees
Om in ‘n lewende verhouding met My te staan

Ek verstaan dit nie
Rerig Ek doen nie
As julle net wou kom
En kom uitvind of dit rerig is soos wat julle glo

Ek is LIEFDE sê die Heer
In Sy skoonste
Reinste
Getrouste vorm ooit!

My hart is nie seer-maak nie sê die Here
My hart is heel-maak
Vir elke mens wat bereid is
Om in My te glo

Liewe kinders kom na My
Laat gaan van die wyshede van hierdie wêreld
Wie gee om, om te hoor
Die wyshede wat woon in My hart?

Dis duisend male beter sê Vader
Duisend male
As julle net wou kom om te hoor
Toelaat dat My Lewe en Liefde julle lewens omtoor!

(Voorheen ook gepubliseer as ‘Genade-Druppels’)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s