Byt vas

Skeppingsdoel

Wie is daar soos my God
Verhewe is Hy in beeldskoonheid
Sy aangesig baie mooier en blinker
As enige iets wat in die wêreld is

Sy hart is mooi
Van suiwer liefde loop dit oor
Genade drup van Sy lippe
Sy bestaan ons enigste ware Hoop

Here Jesus ons loof en prys
U grote Naam
Omdat U is, is ons
Ons sê baie dankie daarvoor

Ek weet baie mense wil dit glad nie glo
Tog weet ek dit is waar
Ek weet dit is my Skepper-God
Wat in my hart woon

U het alles gemaak
Van die winde wat die golwe
Op die see rondjaag
Tot die son wat ons velle warm bak

Van die lied hier op my lippe
Tot die vreugde wat my hart bewoon
U is die Skepper van alles wat goed en mooi is
Vader ons loof en prys U wonderlike Naam

Baie kere wens ek
Baie kere hoop ek
Baie kere bid ek
Vader laat hierdie wêreld sien wie U rerig is!

Mag ons hulle oë oopmaak
Saam met U wil ek probeer
Ek weet dis U Heilige Gees
Wat die werk in mense-harte verrig

In elke hart wil Hy woon
Om ons meer van U waarheid te leer
Van genade wil Hy ons meer kom vertel
Sodat ons kan verstaan hoe vêr U verlore mense gaan haal

Op die ashope van die lewe
Daar waar niemand meer enige hoop koester
Daar begin my Koning werk
Daar wil Hy Sy vreugde skenk

Wil julle ook dalk kom?
Hierdie Koning van my leer ken?
Sy hart is  LIEFDE
Hy wil so graag van jou hoor

Sy genade sal ook jou red
Nooit is Hy te vêr of Sy hand te kort
Om iemand te help
Wat in opregtheid daarna vra

Moenie wag totdat dit te laat is
Die tyd is nou
Kom
NOU is die aangewese tyd

Sonder oordeel is Sy hart
Vir die wie in Sy Seun is
Die wie bereid is om Sy genade te ontvang
Die wie bereid is om te buig met hulle knieë

Moenie dink jy het alle wysheid in pag nie
Dis so gevaarlik
Liewe kind
Asseblief luister na My

Ek weet van die kere wat jy roep
Die kere wat jy huil
Die kere wat jy dink niemand hoor
Liewe kind Ek het gehoor!

My arms van liefde
Wil Ek om jou gooi
Jou nader nooi
Wil jy dalk My hart kom verken?

Daarin sal jy vind
My drome vir jou opgestoor en lê
Hulle kan eers gebeur
Die dag wanneer jy bereid is om te hoor

Is jy bereid om oor te gee?
Jou drome te laat gaan?
Myne op te tel?
Geen ander droom sal daarmee kan vergelyk

Onthou jy is gebore met Myne
Voordat jy in hierdie wêreld was het Ek dit reeds in jou hart gesit
Soveel potensiaal opgesluit in jou
As jy net wou kom en begin vra

Vader hoekom is ek hier?
Hoekom het U my gemaak?
Wat is die waarde van my lewe?
Wat is die doel?

Sulke vrae sal jou lewe begin verander
Dit maak vir My die deur oop om te begin werk
Jou skeppingsdoel lê in My sê die Heer, geen ander plek
Geen ander drome sal dieselfde vervulling bied

Maar dan moet jy kom
Jy moet bereid wees om te hoor
Jou nette sal jy moet laat staan
Om My te volg sê Hy

Dis jou besluit sê Hy
Ek sal jou nie dwing nie
Die keuse bly joune
Is jy bereid om My te volg of nie?

Ja Here Jesus
Ek wil!
In U drome vir my lewe wil ek wandel
U skeppingsdroom vir my leef!

Help my om vas te hou Here Jesus
Help my om te bly glo
Veral wanneer die donker dae kom
En ek oortuig is dat U my nie hoor

Liewe kind selfs al kom daar dae
Wat jy My nie kan hoor
Bly glo Ek is altyd daar!
Ek gee om vir jou!

Saam sal ons daardeur sê die Here
Saam!
Ek sal jou NOOIT verlaat
Maak oop jou hart se deur

Maak My plan vir jou lewe
Jou plan vir jou lewe
Eendag sal jy saam met My terugkyk
En sê ‘Wow Heer U het die beste geweet’

Liewe kind
Dis al wat Ek vra
Lê jou planne neer
Vra My ‘Hoe lyk U s’n Heer?’

Soveel planne wat Ek vir My kinders het
Dikwels sterf hulle ‘n stille dood
Hulle sterf sonder om ooit rerig gebore te word
Als omdat julle weier om te vra

Julle weier om in My weë
En planne vir julle lewens te stap
Julle maak liewers julle eie
Verkry vir julle aardse gemak

Liewe kinders aardse gemak kan nooit vergelyk
Met die vreugde wat jy gaan ervaar
Die dag wanneer jy by My is
En sien jy was deel van God se groot plan!

Sien liewe kind die saak staan so
Ek het ‘n plan
‘n Blou-druk van alles
Wat Ek wil hê moet op aarde gebeur

As kind van My
Het jy die voorreg
Om deel te wees hiervan
En dan vir altyd saam met My te wees

Maak dus seker liewe kind
Ons is besig om saam aan My Koninkryk te bou
Deur jou wil Ek so graag
Liewe kind Myne is die enigste een wat vir altyd standhou

My droom vir jou
Leef dit!
Geen groter vreugde sal jy ken
Wanneer jy begin vra na My drome vir jou

Oornag sal dit dalk nie gebeur
Dit is ‘n reis
Voorbereiding
En dan stuur Ek jou!

Wees baie geduldig in die opleidingsproses
Diep en donker
Gaan dit partykeer voel en lyk
Liewe kind ons werk aan daardie karakter van jou

Ons werk daaraan om jou gees sterk te maak
Vir jou om liefde en vergifnis uit te deel
Selfs wanneer iemand dit nie verdien
Of wanneer iemand jou in die rug steek

Liewe kind vertrou My op hierdie reis
Ek weet hoe om My kinders op te lei
Die beste sal Ek uit jou bring
Meer sal jy soos Jesus lyk!

Daarom hou Hom altyd net in oog
Die spot en pyn wat Hy verduur het
Het Hy ‘n nietigheid geag teen die ewige glorie
En oorwinning behaal aan die Kruis van Golgota

So sal dit ook vir jou wees
Hou jou oë op My
Al raak die reis ook hoe moeilik
Vertrou My en maak seker jy is waar Ek wil hê jy moet wees

Vra na My Wil
Vra My om jou te lei
Altyd sal Ek dit doen
As jy net aanhou om jou oë op My te hou

Ek sal jou nooit verlaat
Saam gaan ons hierdeur
Moenie dat nietighede
Jou weerhou van My plan vir jou

Aanslae gaan daar kom
Jy moet dit nou alreeds weet
Saam met My sal jy daaroor triomfeer
Soos ‘n arend se vleuels op oorwinnings-vlug

Hou uit!
Druk deur!
Liewe kind veral op die moeilikste
Veral wanneer jy voel dood klop aan jou deur!

Moedeloosheid gaan sy mantel
Om jou wil vou
Depressie en donkerte ook
Dis dan wanneer jy My moet loof!

Liewe kind Ek sê jou
Hoor hierdie belofte sê die Heer
Al is die nag hoe donker
Daar is altyd die belofte van ‘n nuwe dag wat aanbreek

Die son sal weer skyn
Die grys wolke sal verdwyn
Als omdat jy kies om jou oë op My te bly hou
My te vertrou in en met alles wat jou pad kom kruis

Hou jou oë op My
Die Gees van Depressie
Breek Ek met My Seun se bloed sê die Heer
Donker nagte sal gaan lê!

Weerstaan hulle met My bloed
Sê die Heer
Met die bloed van My Seun
Weer af hulle geweer!

Ek sal dit breek sê die Here
Breek met My bloed
Kom na My
Sit jou vertroue in die Kruis

Die Goliatte sal val
Wanneer jy hulle soos ‘n dapper Dawid aandurf
Met 5 klippies en vertroue in sy God
Dis meer as genoeg vir enige Reus!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s