Nuwe hoop

5 Minute

My God is groot
Hy is goed
Ja voorwaar!
Sy lewe het Hy vir my gegee

Sodat ek ook nou kan leef
Sy liefde en blydskap kan ervaar
Ek weet nie hoe doen mense dit sonder Hom nie
Hy is die Anker van hierdie LEWE

Voorwaar
Ons enigste Hoop
Niks in hierdie wêreld
Kan ooit gee wat Hy gee

In liefde en in oorvloed word Sy genade
Elke dag oor ons uitgestort
Al wat Hy vra is
Liewe kinders kom na My

Leer van My
Word wie Ek
So graag wil hê
Jy moet wees

Afgetrokke en skepties
Vanuit ‘n hoek
Bekyk jy dikwels hierdie storie
‘Ek wonder wat gaan hier aan?’

Liewe kind
Dis tyd vir jou om te kom
My genade
Wil Ek oor jou strooi

Ek wil so graag hê
Jy moet begin
Om te dans
Op My melodie vir jou lewe

Het jy geweet dat jy op geen ander plek
Ooit dieselfde liefde sal ervaar?
Die liefde wat Ek vir jou het
Alles wat gebreek en stukkend is in jou sal dit nuut maak

Het jy geweet Ek wil!
Alles, alles wat Ek is
En alles wat Ek het
Wil Ek so graag uitstort op jou!

ALLES
Liewe kind het jy geweet?
Het jy geweet
Dat Ek LIEFDE is

Dat net alles wat mooi is
In My hart woon
Ek hou niks van al die lelike goed
Wat jou so dikwels omring

Het jy geweet
Dit neem al die plek op
Van al die mooi
Wat Ek aan jou wil gee?

Daar is nie plek in jou hart vir My nie
Sê die Heer
Alles wat sleg is
Wen bo My wat so graag in jou wil woon

Liewe kind
Sal jy jou besluit asseblief heroorweeg?
Is jy seker al die goed wat nie is van My
Moet in jou hart bly woon?

Liewe kind
Smag jy nie ook na hemelse geluk?
‘n Stukkie van die hemel
Wat in jou hart woon!

Dit is Ek sê die Here
Dit is Ek!
Ek wil so graag in jou hart woon
Nooit vind Ek die plek

Soveel dinge is soveel kere
Belangriker as Ek
Hierdie wêreld en sy dinge
Wen soveel kere die stryd in en om jou hart

Liewe kind
Dalk het jy vergeet
Dit begin by die keuses
Wat jy in en elke dag maak

TV-aansit bo 5 minute saam met My
Radio-aansit bo My teenwoordigheid in jou
Liewe kind hoekom is dit so?
Hoekom kies jy die dinge van die wêreld altyd bo-oor My?

Hoekom?
Ek kan nie eers begin om vir jou te sê
Hoe Ek wens
Dit was nie so gewees

Liewe kind die saak staan so
Dis so moeilik om My daarby te berus
Maar die keuse bly joune
Ek kan nie vir jou besluit

Om die wêreld vir ‘n oomblik af te sit
En jou bybel vir ‘n slag oop te maak
Soveel kere sit Ek gereed op jou bed en wag
Plant die saadjie in jou hart

Liewe kind  is dit dalk vanoggend?
Staan Ek tog ‘n kans?
Hoeveel kere, hoeveel kere
Wag Ek om jou te ontmoet

Tussen die Woorde
Wat Lewe
Hoekom wil jy nooit kom?
Hoekom?

Liewe kind Ek wag
Ek smag
Na verhouding
Om saam met jou daaraan te bou

Ek verwag nie perfeksie nie
Ek verwag ‘n hart wat wil
Dis al sê die Here
Dit is al

Dis waar als begin
Het jy geweet?
5 minute saam met My
Voor jy jou dag begin

Liewe kind is dit so moeilik?
Is dit regtig te veel?
Die ding is net
Die skatte wat woon in My hart

Nooit
Sal hulle joune kan word
Want
Daar is net nie spasie in jou hart

Goeie nuus is … Dit kan als verander
As jy net wou begin
Hoe hoop Ek … Liewe kind
Is môre dalk die dag?

Vader U hou aan om my te verstom
Liewe Jesus, Heilige Gees
Hoe kan U die wêreld so liefhê
WOW

Net as ek dink ek het al die beste gehoor
Dan kom U weer
Slaan my voete onder my uit
Steek my hart weer aan die brand

Partykeer vergeet ek
Hoe lief U hierdie mensdom het
Hoe baie lief
U is vir ons

Liewe Jesus, Heilige Gees
Kom herinner my hart asseblief altyd
Ek wil nooit daarvan vergeet
Ek wil liewer en liewer word vir U

Want U is so lief vir my
Breek my hart oop Vader
Met die liefde
Wat U vir ons het

Ek wil verstaan
Ek wil meer weet
Baie, baie dankie liewe Heer
U is voorwaar die Lewe self

Ja, Amen.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s