Oorgegee

Dis Tyd

Die slae van Sy hart
Hard het dit geslaan
Sy laaste asem was so te sê uitgeblaas
Verbete het Hy daarteen geveg

Baie kere slaan die lewe jou ook ‘n plat-hou
Liewe kind sal jy asseblief weer opstaan, weer probeer?
Dieselfde lyding wat jou opgelê word was ook Myne
Ek verstaan waardeur jy gaan en Ek is altyd daar

Dis Sy liefde vir ons
Wat gemaak het dat Hy kom
Liewe kind daarom mag jy nooit ooit vergeet
Hoe baie kosbaar en spesiaal jy is vir My

Ek weet van die kere
Wat versoekings aan jou deur kom klop
Met alle mag probeer hulle om jou te oorwin
Tog besluit jy om die deur heeltemal toe te hou

Liewe kind dit is waar jou krag lê
In Nee sê en sterk staan
Al swig jou voet partykeer
Bly in die Lig en vra My om jou weer op te help

Ek weet waardeur jy gaan sê die Here
Drie maal was Ek ook versoek
In die woestyn was sy proposisies so aanloklik
Hulle klink altyd so goed!

Maar toe het Ek onthou
Waarom het Ek gekom?
Hoekom is Ek gestuur?
My missie was van My Hemel-Vader daarbo

Werk het Ek gehad om klaar te maak
Op hierdie aarde moes Ek die boodskap verkondig
God is Liefde
Ek het gekom om jou te red!

Sien Ek het geweet
Daar is ‘n rede, ‘n doel
Ek is gestuur
Ek kon nie net leeglê

Liewe kinders hoe dikwels
Vra Ek ook net dieselfde vir jul
Voer My opdrag uit
Laat My drome en begeertes in jou leef!

Liewe kind dit sal aan jou
Soveel bevrediging en geluk besorg
Al is die pad nie altyd maklik nie
Onthou ons is oppad na ‘n hemelse beloofde land

Liewe kind onthou dit is waar jou ware tuiste is
Hierdie wêreld en sy dinge
Is ‘n nietigheid
Teenoor dit wat in die ewigheid op jou wag

Liewe kind sal jy kom
Soos Jesus
Ook jou kruis optel
En My volg?

Selfs al is daar ‘n woestyn wat jou inwag
Jou wese sal Ek met my Heilige Gees vervul
Met liefde, krag en My teenwoordigheid
Sodat jy kan weerstaan die aanslae wat gaan kom

Dis daar waar jy die mooiste lesse leer
Liewe kind
Dikwels in die moeilikste tye van jou lewe
Dis dikwels daar waar mense eers begin om te hoor

Liewe kind Ek wil jou vul
Met lewe en oorvloed
Genade en Liefde
Vergifnis wat vanuit My troon voortvloei

Het jy geweet
Daar is niks wat Ek nie sal vergeef?
Daar is niks wat Ek nie kan skoonwas
Met My Seun se bloed

Liewe kind selfs die donker diep sondes
Uit jou verlede
Selfs dit
Waarvan net Ek en jy weet

Liewe kind kom, kom!
Laat My toe om die boeie om jou voete los te breek
Laat My toe om jou te seën met ware en nuwe lewe!
Dit sal gebeur sodra jy besluit om te laat gaan en jou vertroue in My te sit

Liewe kind, liewe kind
Kom net soos wat jy is
Ek wil jou voete op die Rots Jesus plaas
Die Enigste Rots wat nooit nie onder jou sal meegee

Liewe kinders
Kom die tyd is nou
Om die vlees te laat staan
Sy lelike begeertes af te sterf

Groei in My vra Vader
Groei eerder in My
Weet jy hoeveel skatte
Lê nog onontdek en wag?

Liewe kind jou begeertes en jou vlees
Maak dat jy nie na hulle kan kom soek
My skatte is beter as die mooiste goud
Meer skitterend as korale en diamante saam!

Nooit gaan jy hulle vind
Want jy wil nie kom
Jou begeertes neerlê
En Myne kom opspoor

Liewe kind
Ek wag vir jou
Om alles oor te gee
Die tyd is NOU

Het jy geweet Ek kan net werk
Met dit wat jy bereid is om te gee?
Ek kan net help
Wanneer iemand bereid is om te vra?

Liewe kind kom na My
Laat My toe om My arms om jou te vou
Jou te vertel hoe baie lief Ek vir jou is
Kan Ek jou vra om met My te trou?

Sien dit is EWIGE VERBOND
Sê die Heer
Om jou hart en hand aan My te gee
En nooit, ooit weer te laat gaan

Liewe kind so graag wil Ek hê
Jy moet getrou bly tot die end
Al vra die wêreld wat
Dat jy saam sal gaan wanneer Ek my bruid kom haal

Om met My getroud te wees
Beteken jy gaan laat gaan van alles wat nie van My is
Jy gaan getrou bly
As My Bruid, tot aan die einde vir My bly wag

Liewe kind wil jy hoor?
Gee jy om, om te hoor?
Ek sit hier en deel uit die diepte van My hart
Sê My, gee jy om om te hoor?

Gee jy om dat die dinge wat in My hart woon
Ook deel word van jou?
Sal jy begin doen en leef
Soos wat Ek so graag van jou vra?

Liewe kind dis tyd om te hoor
Ek hoop jy hoor die angstigheid in My hart
Liewe kind dis in alle erns wat Ek vir jou sê
DIS TYD OM TE KOM

Die tyd raak min
So bitter-min
Lou-harte gaan nie werk
Net die wie My vurig liefhet gaan saam

Net oë van Geloof
Gaan jou staande hou tot aan die end
Net My Liefde en Genade
En jy wat met jou alles daaraan bly vashou

Liewe kind … Kom!
Liewe kinders … Kom!
Die wie nog nie gered is nie … Kom!
Die in wie My Gees nog nie in volheid woon nie … Kom!

Liewe kinders Ek is nie besig
Om julle bang te praat nie
Ook nie om doekies om te draai nie
Ek is ongelooflik ernstig … My koms is voor die deur!

Liewe kinders … Kom!
Net die wie in My Seun is sal saamgaan
Net hulle sal veilig wees
Liewe kinders vir die res, dit gaan verskriklik wees!

Liewe kinders ASSEBLIEF kom!
Die donkerste sonde sal Ek vergeef
Die vraag is net … Gaan jy kom
En begin om vir My Koninkryk te leef?

Gaan jy begin om te doen wat Ek van jou vra?
Gaan jy gehoorsaam begin raak?
Gaan jy los alles wat nie is van My
Liewe kind jy moet weet Alleen gaan jy dit NOOIT hoef te doen

Die Sterkste Krag ooit
Sal in jou woon!
Die dag wat jy jou hart oopmaak
En besluit om My in te nooi

Liewe kind My Gees sal jou help
Elke treë by jou wees
Hy is gestuur om jou die waarheid te leer
Jou in en met alles te lei

Sien jy is nie alleen nie sê die Heer
Nooit!
My Gees sal jou lei
My Woorde aan jou oorvertel

Liewe kinders kom!
Dis tyd om julle harte ten volle oop te maak
My toe te laat om VOLKOME in julle te woon
Van elke area moet julle My deel maak

Geen grys areas kan daar wees
Alles moet ten volle oopgevlek wees voor My
Alles moet in die Lig gebeur
Geen donkere dieptes meer

Dit is al hoe ons die duiwel gaan uitoorlê
Hom gaan oorwin
Jou HELE LEWE moet jy oorgee aan My
Nie net meer jou hart nie sê die Heer

Ingefiltreer deur My Gees sê die Heer
Van elke besluit moet Ek deel wees
Liewe kind daar is nie meer tyd vir Sondae in die kerk sit
En die res-van-die-week glad nie van My weet

Wat help dit jy stuur elke nou en dan
‘n Christelike boodskap aan
Maar Ek LEEF nie werklik in jou hart?
Daar is nie meer tyd vir dit nie, glad nie!

Liewe kind jy weet, diep in jou hart weet jy
Of Ek rerig in jou woon
Of dit wat elke dag in jou leef
Of dit rerig is van My

Liewe kind hou op om verskonings uit te dink
Redes te vind wat sê nou is nie die tyd
Liewe kind Ek vra jou om te kom
Asseblief die tyd is nou

Die tyd om ja te sê is NOU
Liewe kind gaan jy kom?
Asseblief sê My waarmee gaan Ek jou besigvind
Die dag wanneer Ek op die wolke van glorie terugkeer?

Liewe kind MY KOMS is voor die deur
Vir baie jare en eeue hoor julle dit alreeds
Julle behoort goed te weet die genade-deur
Staan op die bitter-kleinste-van-‘n-skrefie oop

Gaan Ek jou gereed vind?
Liewe kind asseblief luister
Die dag wat Ek terugkom
Vir dan-reg-maak gaan daar GEEN kans wees!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s