Nuwe hoop

Heuningsoet

Ek verstaan sê die Here, Ek verstaan
Al jou vrese
Van die kleinste tot die grootste
Ek weet wat in jou hart woon

Soveel vrese lê daar
Hoeveel kere in jou hart
Voor en vir die wêreld lyk jy sterk
Vir My kan jy dit nie wegsteek

Liewe kind Ek verstaan
Selfs al kom jy hoeveel kere
Sonder trane of selfs ‘n woord
Hoor Ek en gee om oor die stem van jou hart

Ek sien die begeertes wat in jou binneste woon
Ek sien hoe jy ook so graag verhouding met My wil hê
Ek sien hoe jy ook wens dat dit dieselfde vir jou kan wees
Tog weet jy nie hoe dit gaan werk

Jy wil kom, jy weet net nie hoe
Vader wat moet ek sê? Wat moet ek doen?
Ek wil nie alles verbrou
Ek het soveel berou

Liewe kind dalk weet jy nie
Vergifnis en gebed werk eenvoudig so
Jy sak op jou knieë
En maak jou hartsdeur vir My oop

Laat die woorde wat diep in jou hart woon
Toe om vanuit jou binneste te vloei
Moet hulle nie terughou nie
Laat hulle oor jou lippe rol

Liewe kind dalk besef jy nie
Daardie woorde van oorgee
Die woorde waarmee jy My innooi
Is heuningsoet verby

Weet jy hoe tref dit My hart?
Weet jy hoe baie jy My kan vertrou?
Liewe kind Ek sal NOOIT met jou hart mors nie
Daarvoor is jy net te spesiaal vir My

Soveel, soveel beteken dit vir My
Woorde wat jy uiter
Gebore uit die dieptes van jou hart
Dit tref My hard!

Dit sê jy sit jou geloof in My
Jy het jou hart oopgemaak
My toegelaat om in jou te kom woon
Liewe kind maak oop die sluise van jou hart

Moenie terughou nie vra die Heer
Ek wil verstaan, Ek wil hoor wat daarbinne lê
Vertel My
Maak oop! Maak oop liewe kind!

Kom ons breek die mure
Wat ons aanhou skei
Liewe kind dit gebeur als
Wanneer jy bely

Selfs al vloei daar trane
Selfs al breek daar iets in jou hart
Liewe kind dit is goed
Dis hoe dit moet wees

Weet jy hoe VRY gaan jy wees
Wanneer dit verby is?
Liewe kind jy het geen idee
LEWE in sy volheid het sopas vir jou begin!

Liewe kind moet dan nie weer
Terugkeer na jou sonde toe nie, dis verby
Begin om soos ‘n kind van God te leef!
Op jou knieë het jy My ontvang, nou moet jy meer van My leer

My Gees en My Waarheid
Meer sal hulle jou van My leer
Vertrou My wanneer Ek wil werk
Die Stem van My Heilige Gees sal jy leer ken

Dalk stampend en stotend in die begin
Maar daarin lê ‘n groot skat sê die Heer
Sterk maak Ons jou
Sodat jy tot aan die einde kan bly staan

Liewe kind sien
Vergifnis uit genade is ‘n kosbare geskenk
Op jou knieë sal jy vind
Ek is onmiddelik daar

Vir baie lank het Ek gewag
Vir hierdie dag om aan te breek
Vir jou om My te begin vertrou
Ek wens jy kon sien die BLYE VREUGDE in My!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s