Nuwe hoop, Oorgegee

Arms van Liefde

Seer wat die hart
In stukke breek
Dit is voorwaar
Die ergste seer

Dis ‘n seer
Wat nie eers die meeste
Of blinkste trane
Kan beter maak

Dis ‘n seer
Wat alles in jou tot stukkies breek
Dit is ‘n seer
Wat maak dat ‘n mens nie eers weer wil probeer

Dis ‘n verskriklike seer
‘n Seer wat jou oortuig dat net jy
Dit in alle intensiteit en volheid kan begryp
Dis ‘n seer wat woorde nie ten volle kan verwoord

Wie kan die diepste trane van die mensehart verstaan
Dis soos ‘n kaartehuis
Wat alles in en om jou lewe
In mekaar laat tuimel

Wie het hoop vir so ‘n hart
Dit voel so flenters en vertrap
Pyn al wat daarbinne wil woon
Seer op seer op seer

Wie verstaan so hart
Wie kan sulke trane genees
Watter woorde gaan daarvoor kan help
Wat sal dit ooit beter kan maak?

Wie gee hoop
Wanneer alle hoop verloor is
Wie kan in die seerste hart
Weer die kleinste flikkering van lig aansteek?

Liewe kind dit is Ek
Jesus is My Naam
In jou grys en groue hart
Wil Ek My warm liefde kom skyn

Liewe kind selfs al gee jy My
Die kleinste skrefie van jou hart
Liewe kind dit is piekfyn
Dis ‘n begin, Ek kan daarmee werk

Ek verwag nie oornag
Totale vertroue en oorgawe nie
Stap-vir-stap
Sal dit beter raak

Ek weet van al die kere
Wat jou hart gebreek is sê die Here
Die mooi woorde wat die ouens in jou ore gefluister het
Ek weet als daarvan

Elke keer het jy geglo
Hierdie keer is dit anders
Elke keer het jy geglo
Hierdie keer gaan dit uitwerk

Liewe kind is dit nie omtrent tyd
Dat jy die liefde-aanvaarding
Waarna jy verlang en so na smag
In My arms van liefde kom vind?

Liewe kind die belofte staan vas
Soek en jy sal vind
Klop
En vir jou sal oopgemaak word

Liewe kind Ek weet nie of jy weet
Maar die liefde en aandag
Waarna jy smag
Dit is als in My te kry

In My is alles
Waarna jy so naarstiglik soek
Alles liewe kind
Alles

Ek weet van die drome en ideale in jou hart
Ek weet waaraan jy dink
Wanneer jy in die nagwaak op jou bed lê
En jou dag oordink

Ek weet van jou planne vir die toekoms
Hoe hard jy bereid is om daarvoor te werk
Liewe kind het jy geweet
Ek wil so graag deel wees daarvan

Ek wil die hoogste prioriteit
In jou lewe wees vra die Heer
Die hoogste
Daar kan niks of niemand bo My wees

Sien liewe kind dit is waar jy
Die mooiste drome vir jou lewe gaan kry
By My
Net in My sal jy hulle vind

Liewe kind het jy geweet
Geen aardse droom
Kan met ‘n hemelse een vergelyk
Sulke drome sal jy net in My hart vind

Liewe kind is dit nie omtrent tyd
Dat jy nader aan My kom
En kom vra
Pappa-Vader hoe lyk die droom wat U droom oor my

Liewe kind dis baie mooier
As al jou drome tesaam
Dit is geluk, ewige vrede
En vreugde saam toegebind

Liewe kind die blydskap wat jy
In My drome vir jou sal vind
Is soveel groter en beter
As waaraan jy kan dink

My droom vir jou
Bevat soveel vrede
Oorvloed en ryke seën
My droom sê jy is nooit alleen

Alles wat jy aanpak
Sal Ek saam met jou doen
Ons moet net seker maak
Ons bou aan My plan en drome vir jou

Sien liewe kind
Jou droom vir jou lewe
Sal jou nooit die vervulling kan gee
Wat jy in Myne vir jou sal vind

Selfs al kan jy nie sien
Presies hoe dit gaan werk
Selfs al kan jy dit nie uitredeneer of verklaar nie
Sal jy My bly glo?

Liewe kind
Jy weet van daardie passie
Daardie drome wat lewe in jou hart
Soos ‘n vurige vlam brand dit baie hoog

Liewe kind asseblief moet dit nie ignoreer nie
Volg jou passie! Volg jou hart!
Kom en gaan doen dit
Wat Ek en My Koninkryk van jou vra

Moenie jou eie koninkryk bou nie vra Vader
Kom ons bou eerder saam aan Myne
‘n Goeie salaris en maandelikse sekuriteit
Kan jou net soveel bied sê Hy

Liewe kind kom volg eerder vir My
Moenie doen wat die wêreld van jou vra nie
Kom volg My!
Kom leef vir My!

In jou lê daar soveel talente
En potensiaal opgesluit
Gedeponeer deur My die dag
Toe Ek jou opsy gesit het vir My Koninkryk

Liewe kind die ding is net
Stel jy belang om te weet wat dit is?
Ek kan nie in My drome vir jou lewe stap nie
Net jy kan dit doen sê Hy

Ja liewe kind dit gaan dalk
Tyd en opoffering van jou vra
Om te kom uitvind
Wat dit is wat Ek wil hê jy moet vir My doen

Maar dit gaan die moeite werd wees sê die Heer
Jy sal die reis soveel geniet
Van begin tot einde
Jy moet weet Ek is altyd daar

Partykeer gaan dit moeilik wees
Ander kere weer beter
Liewe kind druk net deur en hou vas aan My
Moet nie vir een oomblik dink aan opgee

Nee hou aan!
Hou aan sê die Heer
Liewe kind jy gaan soveel vreugde ervaar
Wanneer jy begin vra na My drome vir jou

Liewe kind laat vaar jou drome
Neem Myne op
Asseblief Ek vra
En Ek hoop jy vertrou My hart

Ek sal jou nie vra om iets op te gee
As Ek nie weet My planne vir jou
Is beter nie sê die Heer
Vertrou My liewe kind, asseblief

Vertrou die werk van My hande
Aan My toe vra die Heer
Moenie die werk van jou eie twee hande vertrou nie sê die Heer
Vertrou Myne

Liewe kind Ek weet wat Ek vra
Vir jou wat nou hier lees
En wonder en nou?
Liewe kind gaan op jou knieë

Sak, sak en sê
Vader ek vra na U planne vir My
Asseblief kom wys my wat dit is
Rig my weë

Sodat ek in U wil
Vir my lewe kan stap
Sodat ek kan weet
Wat dit is wat U van my vra

Liewe kind kom!
Dit is nog nie te laat!
Dit is nooit te laat nie sê die Heer
As jy net bereid is om te kom

Vandag, môre
Liewe kind kom!
Asseblief dis al wat Ek vra
Vertrou My met die plan vir jou lewe

Jy is in goeie hande sê die Heer
Geen beter hande kan jou ooit vashou
Verbeel jou van ‘n gebroke hart in skerwe
Tot ‘n uitsig so helder soos die blinkste middag-son.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s