Lofprysing, Oorgegee

Trekpleister

Ek wil hê my lewe
Moet ‘n trekpleister wees
Waarmee Jesus
Mense nader aan Hom kan trek

Ek wil hê dat wanneer hulle
My en my lewe sien
Hulle ook sal wil sê
‘Ek wil Jesus beter ken’

Ek wil hê my manier van leef
Moet mense
Nader aan Jesus trek
Nie verder, verwyder uitmekaar

Ek wil hê dat die liefde wat ek deel
Jesus s’n sal wees
Dat dit ‘n getuienis sal wees
Wat Jesus met die wêreld kan deel

Ek wil hê dat wanneer
Mense my sien
Hulle vir Jesus in my
Sal sien

Want ek weet
Lelike vrugte maak dat niemand na Jesus wil kom
Daarom wil ek elke dag meer soos Hy wees
In Sy voetspore vir my lewe elke tree gee

Ek wil hê Sy vreugde en blydskap
Moet oorvloedig in my hart woon
Ek wil hê my denke, woorde en dade
Moet Hom bo-alles eer

Ek wil ‘n trekpleister vir Jesus wees
Wil jy nie ook hê dieselfde begeerte moet binne jou hart woon?
So kan ons dan die wêreld trek
Sodat ook hulle vir Jesus sal wil leer ken

Saam kan ons hierdie wêreld verander
Omdop en op sy rug keer
Trekpleisters vir Jesus oral-oor
Sodat die daar buite ook warm word van Jesus se liefde in jou en my

Trekpleister
Trekpleister vir Jesus
Watter voorreg om te weet
U is die Hoop in my

Ek weet nie van jou nie
Maar ek wil ‘n trekpleister vir Jesus wees
Sodat almal wat ek ontmoet of leer ken
Ook die geleentheid sal kry om Hom in hulle harte in te nooi

Saam kan ons hierdie wêreld
‘n Baie beter plek maak
Die besluit berus
By ons alleen…

Hoe lyk jou lewe?
Liewe vriend trek jy mense nader aan Jesus
Of skrik jy hulle af
Sê jou lewe jy is ‘n kind van God?

Sien die saak staan so
Elke dag het ons die keuse
Om soos Jesus op te tree
Sodoende ander mense nader aan Hom te trek

Is ons bereid
Om ‘n trekpleister vir Jesus te wees
Of los ons dit
Vir ‘n ander een?

Deur die dinge wat ek doen
Met dit wat ek sê
Het ek baie groot mag
Oor of ander Jesus in hul lewens sal wil hê

Deur U krag en genade
Die werking van die Heilige Gees in my
Is dit moontlik
Om meer te word soos U

Dat mense U sal kan sien
Dat hulle sal kan sien
U leef en U bestaan
Ja Amen!

As ons net bereid is
Om ons geite te laat staan
En die karakter van Jesus
In ons alledaagse te leef.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s