Byt vas, Nuwe hoop, Oorgegee

Tuinier van die Hart

Jesus vul my hart met soveel Hoop
Ek wens julle kon sien
Dit is soos die mooiste blommetuin
Wat elke liewe dag water kry

Die Hemelse Tyd
Saam met my Hemelse Vader
Is soos besproeing van die hart
Waar Hy alles wat mooi is saai

Besaai met die pragtigste blomme
Omdat ek Hom gevra het
Om die Tuinier van die tuin
In my hart te word

Tuinier van die Hart
Mooiste snoeiwerk het Hy in my hart kom doen
Alles weggesny wat nie in my lewe hoort
Sodat die blommetjies wat in my hart woon Sy hart kan verbly

Aan die onkruid werk Hy hard
Maak seker dat hulle geen vastrapplek kry
Elke dag besnoei en besny Hy my hart
Sodat Sy blomme vir ewig daarbinne kan bly

Welig groei hulle nou
Van ‘n dooie dorre moeras
Tot die mooiste, helderste blommetuin
Waaroor enige mens kan droom

Sien ek wil die Tuin van my hart
Nie oorgee en los vir homself
Ek wil hê die Beste Tuinier ooit
Moet my hart se tuin bewerk

Hy weet wat om uit te haal
Hy weet wat nie in my hartstuin hoort
Sal jy Hom ook dieselfde toelaat?
Verbeel jou Hemelse Tuine wat blom in ons hart 🙂

Hy doen die wonderlikste werk ooit
Van die mooiste voetslaanpadjies
Tot fonteine waarop die son se strale
Blink die handewerk van die Beste Tuinier vertoon

Hoog kan ek Hom aanbeveel
Van niks na alles
Hierdie Tuinier weet beslis wat Hy doen
Hy het beslis nie Sy beroep gemis

Jy kan Hom ten volle vertrou
Sy handewerk is van die beste gehalte
Jy sal nooit spyt wees jy het Hom in diens geneem
Hierdie Hemelse Tuiner ken absoluut Sy werk!

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s