U is die mooi in my
U is die krag in my
U is die hoop wat leef in my hart
U is alles wat my mooi maak

Vader ek gee U al die eer
Ek weet ek is niks sonder U
Dankie dat U my gebruik
Dankie dat ek ‘n instrument in U hande kan wees

Ek is so bly
En so dankbaar
U het die koud- en hardheid in my hart
Kom vervang met die warmte van wie U is

Dankie dat U hoop kom aansteek het
Toe daar nie veel hoop was nie
Dankie dat U waarlik in my leef
Ek loof en prys U Naam

‘n Nuwe lewe
Het U aan my kom gee
Dankie dat U als wat stukkend en gebroke was in my
Kom vervang en heel-maak het met U genade en liefde groot

Waar sou ek wees as U my nie kom haal het nie?
Vader my hart wil breek as ek net daaraan dink
Ek is so bly, ek is so dankbaar
U het nooit opgehou soek na my

U het my so vêr gaan haal
Op ‘n plek van totale stukkend-wees
‘n Plek waar nie eers ek geweet het
Wat dit is wat ek met my lewe wil doen

Toe daar bittermin vreugde in my hart was
En so baie voorgee
Toe het U my alreeds gesien
En gesê ‘Vader, Ek soek hierdie kind’

Hoekom het U my kom haal Vader?
Omdat Ek so baie lief is vir jou
Hoekom, hoekom het U my gekies vir hierdie werk
Omdat Ek geweet het jy kan …

Vader ek verstaan
So baie dinge glad nie
U groot liefde is maar net die Begin
Hoe Vader? Hoe kan enige iemand so baie liefhê?

Dis asof U die mooi in ons sien
Wanneer dit nog nie eers bestaan
U sien die potensiaal
Nog voordat ons ooit kom

Vader help my asseblief
Om mense te sien
Soos wat U hulle sien
Om hulle waarlik lief te hê

Ek wil U hart vir hulle wees
Ek wil genees net waar ek kan
Dis sooo moeilik partykeer Vader
Moeilik om aan te hou uitreik as hulle net nie wil hoor

Vader hoe kyk ek verby dit?
Ek weet nie hoe nie
Dit is so moeilik
Partykeer is van binne gil al wat ek wil doen

Vader hoe kan mense U nie sien nie?
Hoekom wil hulle nie kom?
Hoekom wil ons nie glo soos wat U glo nie?
Hoekom, hoekom is dit so moeilik om U te sien?

Ons kyk na alles
Solank dit net nie U is
Ons vertrou vir almal
Net nie vir U

Hoekom is dit so Vader?
Hoekom?
Dis omdat julle glo seerkry is van My
Julle het dit in julle harte om vir julle-self te baklei

Liewe kinders wanneer gaan julle glo?
Wanneer gaan julle sien?
Seerkry is nie van My
Hoop en Lewe dit is wat Ek gee

As jy in ‘n gat is
En nie verder kan sien
Hoekom, hoekom dan eers
Is jy bereid om na My pad te kyk?

Liewe kind besef jy nie?
Weet jy nie?
Lank voor nou en al die nonsens wat in jou lewe gebeur
Wou Ek dinge vir jou beter maak

Lank voordat jy hier uitgekom het liewe kind
Lank terug was daar ‘n tyd toe Ek jou geroep het
Toe Ek jou gevra het
‘Liewe kind asseblief kom leef vir My’

Onthou jy dit liewe kind?
Onthou jy hoe saggies het Ek aan jou hart se deur geklop?
Onthou jy, jy wou
Maar toe roep die wêreld weer na jou

Jy het gekies om haar te vertrou
Eerder as om by My te bly
Liewe kind, hoekom, hoekom
Is Ek altyd die Een wat aan die kortste end bly trek?

Vir soveel jare, soveel jare
Is verwoesting al wat Ek op jou lewenspad sien
Een verhouding na die ander
Jy breek alles af wat Ek so vrylik uit My hart van liefde vir jou gee

Liewe kind, liefste kind
Ek wens en hoop so jy wil begin hoor
Jy sê jy doen, jy is altyd so vinnig om dit te sê
Maar liewe kind as jy wou eerlik wees sou jy erken dit is nie rerig so

Van al die verhoudinge wat jy met mense het
Is Ek verseker die Een wat die minste van jou aandag besit
Liewe kind jy spandeer nooit tyd met My nie
Jy gee nie eers om, om te weet hoe Ek oor dinge voel

Wanneer laas
Wanneer laas het jy jou bybel oopgemaak
En gevra
Vader leer my meer van wie U is?

Julle sê julle is My kinders
Maar julle het nie ‘n idee wat vir My belangrik is
Liefste kind, ons kon net sowel
Geen verhouding hê

Ons spandeer nooit enige tyd saam nie
Weet jy hoeveel kere Ek vir jou wag, weet jy hoe Ek verlang?
Dalk besef of verstaan jy nie
My Woord sal Ek vir jou begin oopbreek sodra jy daarmee aanhou

Want het jy geweet
Dit is hoe Ek jou hart toets liewe kind
Dit is hoe Ek weet of jy rerig ernstig is
Om verhouding met My te bou

Liefste kind Ek ontmoet jou op jou vlak
Daar is geen nodigheid om te vrees
Of te sê jy verstaan nie ‘n ding
Liewe kind als wat jy moet weet, dit sal Ek jou leer

Al wat Ek vra is dat jy kom
Dat jy ophou bely
Jy is My Kind
Maar eintlik weet jy niks van My

My Woord sal jou meer van My leer
Vra My om jou meer te wys
Vra My om die Brood vir jou te breek
Ek sal liewe kind, Ek sal, sodra Ek sien ‘n jy wat rerig wil.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s