Byt vas, Oorgegee

In Jesus se voetspore

Ek kan jou woestyn in ‘n fontein-land verander
Sê die Heer
Sal jy kom glo
Oorgee en vertrou?

Ek kan as jy net wou wil
Hoekom wil jy nie vra Vader
Jy bly in die droogte
Weg van alles wat aan jou wil lewe gee

Hoekom wil jy nie vertrou nie
Vra Vader
Hoekom wil jy nie kom nie?
Wil jy nie hê alles wat stukkend is in en rondom jou moet weer heel word?

Hoekom nie liewe kind, hoekom nie?
Jy sal eerder in die koue bly staan
As om warmte, hoop en herstel
In My arms van liefde te kom vind

Hoekom is dit so vra Vader
Hoekom is jou vertroue in alles maar nooit in My
Hoekom liewe kind
Hoekom?

Jy kry skaam vir My
Jy gooi My weg
Jy sê jy glo
Maar jy wil geen niks van My aanwysings volg

Hoekom is dit so vra Vader
Hoekom vertrou jy My nie vir wie Ek is nie?
Wanneer gaan jy ten volle kom liewe kind?
Ek wil en Ek kan alles vir jou beter maak

Hoekom wil jy nooit kom nie?
Sê My liewe kind
Het die wêreld se raad
Jou al ooit iets goeds in die sak gebring?

Want sien liewe kind
Ek wil alles vir jou beter maak
Ek wil hê jy moet opstaan
En leef as oorwinningskind

Jy staan op en gaan slaap elke liewe dag
Kwaad
Daar is choas in jou hart en lewe
Tog hou jy aan weier om My te kom volg

Dis om van naar te word sê Vader
Naar
Liewe kind kan jy regtig nie sien
Hoe bitter-baie julle My in jul lewens nodig het?

Julle hou aan met weghardloop
Sit nooit julle volkome hoop en vertroue in My
Niks gaan totaal en al beter word
As julle My raad en pad met halfhartige harte volg

Julle wil My ken
Maar tog het julle die wêreld net so lief
1 voet in die wêreld
1 voet by My

Hoe liewe kind
Hoe gaan dit ooit werk?
Ek verstaan nie liewe kind
Ek doen nie

Het sy al ooit Ware Lewe aan jou beloof?
Ja sy praat baie en sy praat mooi slinks
Maar het sy al ooit vir jou vertel
Jy kan nie ‘n dooie woord vanuit haar mond glo?

Liewe kinders Ek wil hê
Ek vra dat julle waarlik sal sien
Ware Lewe, Ware Oorvloed
Sal jy alleenlik in My hart van liefde vir jou vind

Wanneer gaan jy oorgee?
Wanneer gaan jy kom?
Liewe kind Ek klop aan jou hart se deur
En Ek vra asseblief sal jy kom kyk?

Sal jy asseblief nie ophou by wat jy van My hoor?
Sal jy verder gaan?
Sal jy asseblief self kom uitvind?
Ek nooi jou om waarlik te kom

Wil jy nie weet hoe Ek dinge sien?
Wil jy nie hê Ek moet nuwe lewe oor die dooie bene in jou lewe blaas?
Ek wil die geraamtes in jou kas vir goed wegbêre
Ek vra dat jy geheel en al vir My kom leef

Liefste kind hoor jy die sagtheid waarmee Ek vra?
Hoor jy die diepe hunkering wat in My hart leef?
Ek wil so graag hê ons 2 moet 1 wees
Waarlik in gees, siel en liggaam … ja in geheel

Hierdie wêreld kan jou nie offer
Wat Ek vir jou wil gee
Die diepste versugtinge van My hart
Is om My alles met jou te deel

Wanneer gaan jy hoor vra Vader
Wanneer gaan jy kom uitvind?
Die Bron in My hart
Is onuitputlik diep

Daar is soveel diepte in My Woord
Daar is soveel diepte in My hart
Ek wil hê jy moet hulle kom vind
Ek wil hê jy moet weet hoe ongelooflik baie Ek jou liefhet

Ek wil jou aanmoedig
Ek wil jou aanhelp
Liewe kind daar is ‘n REDE hoekom jy op planeet aarde is
Wil jy rerig nie weet wat presies dit is?

Diepte
Genesing
Oorwinning
Vir jou asook die om jou

Wil jy My nie gaan uitdeel met die mense rondom jou?
Vir hulle aan wie jy die heel-naaste is?
Wil jy rerig hê hulle moet die hemel mis?
Liewe kind kan Ek vra asseblief kom net soos wat jy is

Soos wat jy is, is jy meer as goed genoeg vir My
Het jy vergeet Ek het gekom om die skuldbrief teen jou
Te vernietig?
Toe jy nog ‘n sondaar was?

Het jy vergeet Ek het jou toe alreeds lief gehad
Liewe kind het jy geweet
Jy was toe al geliefd
En ten volle aanvaar?

Liewe kind Ek wil hê jy moet weet
Ek was toe al lief vir jou
Ek het jou toe alreeds met alles in My bemin
Toe al liewe kind, toe jy nog goed ‘n sondaar was

Toe het Ek jou alreeds vergeef en genooi om in My oorwinning te kom deel
Liewe kind Ek wil hê jy moet kom
Ek wil hê jy moet ophou twyfel aan My gebod
Ek is Liefde wat aanhou om jou te kom vind

Sal jy asseblief ophou met dit wat ons skei?
Sal jy asseblief liewe kind?
Die leuens wat hierdie wêreld
Deur die mond van Satan vir jou voer

Dit is so vuil
Dit is so afskuwelik sleg
Dit is wie sy is sê Vader
Die hoer van hierdie wêreld

Sleg, sleg, sleg!
Hoe dieper julle op haar paaie loop
Hoe dieper vasgevang, vuiler en slegter
Word jul eie hart

Hoe kan jy van al die slegtheid om jou hou
Vra Vader
Hy wag
Hy wil rerig graag jou antwoord hoor

Liefste kind als wat mooi is in hierdie wêreld kom van My
Masturbasie, hoe kan jy dit doen?
Dit voed jou vlees
Dit is nie van My

Gees-lewe liewe kind dit is waarvan Ek praat
Julle moet bang word liewe kind
Bang-wees in julle harte
As julle soveel plesier en genot in hierdie wêreld van julle vind

Ek het nie gekom vir jou om jou lyf en siel
Met al die verderflikhede van hierdie wêreld vet te voer
Liewe kind Ek het gekom vir jou
Om vry te wees daarvan

Liewe kinders masturbasie is nie van My
Ek wil hê julle moet dit ophou glo
Dit is nie van My nie
Sê My asseblief julle hoor?

Liefste kind My hart vir julle is vry-heid
Volkome vryheid van dit wat julle gebonde hou
Liewe kinders asseblief
Sien julle dit gaan oor My en jou?

Ek wil hê jy moet vry-wees sê Vader
Ek wil hê jy moet skoon en vry wees van dit wat konstant sy arms om jou wil vou
Dit is soos ‘n siekte sê Vader
‘n Verslawing wat jy net nie wil glo

Liewe kind Ek vra jou
Hou op daarmee
Hou asseblief in hemelsnaam op daarmee
Dit is nie van My

Verslawings is nie van My nie sê Vader
As jy sukkel om los te kom dan moet jy weet dit is nie van My
Masturbasie is nie van My nie sê Vader
Nooit nie, glad nie

Wanneer gaan julle dit sien liewe kinders?
Wanneer gaan julle My Waarheid kom vind?
Begeerlikhede van die VLEES
Dit is nie van My

Die goed keer julle om My stem te hoor
Dit skei ons twee
Dis omdat julle weier om in die Gees te kom groei
Dis omdat julle soveel vreugde in die begeerlikhede rondom julle vind

Liefste, liefste kinders
Sê asseblief vir My daar is kinders daarbuite
Wat omgee om van hulle Hemelse Vader te hoor?
Kinders wat omgee om in die spore van Jesus te loop?

Sou Jesus die goed doen wat julle doen?
Sou Hy toelaat wat julle toelaat?
Liefste kinders asseblief kom hoor
My Naam is Allerheiligste God

Ek hou nie van goed wat vuil is nie
My missie is altyd om skoonheid en reinheid
In die harte en lewens van My kinders voort te bring
Hoe is dit moontlik liewe kinders as julle jul konstant ophou met dit wat sleg is?

Ja liewe kinders die wêreld is besmetlik en baie vuil
Tog wil Ek hê julle moet in skoonheid en reinheid daarin opstaan
Ek wil hê julle – My kinders
Moet skoon en opregte lewens leef

Dis ‘n voorreg sê Vader
Om vir Waarheid en Lig te staan
Ek wil hê julle moet weet Ek en My Koninkryk
Ons is baie trots op jul

Dis okay om uit te staan sê Vader
Dis meer as okay
Dis ‘n voorreg, die grootste voorreg
Om die minste daarvan te sê

Sien liewe kinders Ek wil hê julle moet op die punt kom
Waar My Koninkryk vir julle meer as julle koninkryke tel
Ek wil nie hê julle moet aan iets bly bou
As Ek nie wil hê julle moet deel wees daarvan

Liewe kinders mag Ek julle ‘n vragie vra?
Hoekom sal My kinders aanhou met iets
As hulle weet dit is nie van My?
As julle weet dat dit My nie behaag?

Is dit dalk hoekom julle jul bybels so min lees?
Is dit hoekom julle dit nooit afstof en oopmaak nie?
Is dit omdat julle weet dit gaan vra
Dat julle begin om soos kinders van God te leef?

Liefste, liefste kinders
Jul noem julself My kinders
Maar julle doen alles wat nie is van My
Hoe werk dit liewe kinders, hoe?

Sien die bloed van My Seun
En die werke van My Heilige Gees
Is om julle harte en lewens skoon te was
Dit is al wat Ek besig is om te doen

Liewe kinders wil julle groei in My?
Wil julle aanbeweeg van glorie tot glorie?
Van heerlikheid tot heerlikheid?
Dan moet julle gewillig wees om te volg waar Ek jul lei

Liefste kinders julle gaan nooit waarlik in My Lig kan leef
As jy net hier bly
Julle moet aanbeweeg
Groei saam met My

Liefste kinders Ek wil julle meer waarheid leer
Ek wil julle dieper vat
Deur die bosse tot by fonteine
Waar die water blink in die helder middag-son

Liefste kinders is julle bereid om My te volg?
My weë lei na ‘n Ewige Paradys
Ek weet partykeer voel die wildernis so rof en donker
Maar liewe kind dit is My hart om jou elke sekond te lei, Ek sal by jou wees

Liewe kind het jy geweet
Ek het jou uit die moeras van sonde kom red
Sodat jy hier en nou
Saam met My die wêreld aan die brand kan steek?

Ek wil hê sê die Heer
Dat die berge en dale van hierdie wêreld
Gevul en geraak moet word
Deur die vure van My heiligheid

Ek wil hê die aarde se fondasies
Moet skud en ruk onder die liefde en genade soos deur My hand beskik
Ek wil hê My kinders moet opstaan en bereid wees
Om alles oorboord te gooi wat nie van My is

Ja vra Vader
Julle opinies en menings
Moet plek maak vir Myne
Julle redenasies moet Myne wees

Liefste kinders, liefste kinders
Sal julle in My voetspore volg?
Sal julle volg net waar Ek julle lei?
Liewe kind Ek wil vra asseblief maak julle antwoord ja

Daarin wag soveel LEWE vir jou sê Vader
By die fonteine van die Hemel wil Ek elkeen van My kinders
Op My skoot van liefde tel
En begin deur te sê…

Jy het die regte pad gekies
Al was dit swaar met tye is Ek so dankbaar
Jy het gekom, jy was bereid om My met jou alles te volg
Kyk dit alles was die moeite werd gewees

Dis al wat Ek vra sê Vader
Kinders wat bereid is om My te volg
Kinders wat bereid is om te loop waar Ek hul lei
Kinders wat bereid is om hulle koninkryke neer te lê en Myne te leef

Liefste kinders Ek wag, Ek smag
Ek hoop jy hoor hoe Ek jou nooi
Om nog hoër hoogtes saam met My te betree
Om hoë plekke saam met My te bewoon

Liefste kinders
Ek weet daar gaan die wees wat nie wil hoor
Wat nie bereid gaan wees om te kom
Tog hoop ek met alles in My dit is net nie jy.

Advertisements

Een gedagte oor “In Jesus se voetspore”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s