Blinde oë, Liefde so groot

Boodskappertjies van Vader-God

Liefste kind kom
Kom en gee oor
Liefde wag, Lewe wag
Vir jou om hulle binne te nooi

Hulle vra wanneer?
Hulle wil weet hoe lank nog?
Hulle wonder of jy weet
Hulle staan voor jou deur?

Hulle wag al hoe lank op jou
Dis al wat ons nog ons hele lewe lank doen
Soek en roep na jou
Sê hulle

Hoor jy ons konstante klop
Aan jou hart se deur?
Hoekom wil jy nie vir ons oopmaak nie
Vra hulle

Dalk weet jy nie ons bring saam met ons
Alles wat mooi is
Alles wat hierdie lewe
Met vreugde en hoop vul

Die Skepper het ons gestuur
Vanaf die Skepping
Ons gevra
Om jou lewe te kom optooi

Moenie die deur toehou nie
Asseblief vra ons
Gee ons net ‘n kans
Laat toe dat ons onsself bewys

Jy weet nie waarop jy uitmis
Ons wil en kan alles vir jou beter maak
Alles wat mooi en goed en reg is
Sal ons saam met ons bring

Ons wil jou wysheid leer
Ons wil aan jou vreugde gee
Sal jy ons toelaat
Om jou hart met liefde en blydskap te vul?

Ons staan in rye voor jou hart se deur
So opgewonde en jillend soos klein kinders
In ons hande hou ons alles
Wat jy met geen geld op hierdie aarde kan koop

Ons Koning se hart vir jou
Is pragtig-mooi sê hulle
Sy beloftes staan ewig vas
Sal jy ons ‘n kans gun om jou meer van Hom te vertel?

Hy is die Skoonste uit Tien duisend
Hy is die Lelie van die Dale
Die Blink Môrester
Die Een wat leef hier in ons hart

Sal jy Hom asseblief ‘n kans gun?
Geen woord uit Sy mond is ooit ‘n leuen
Hy is nie soos die mense op die aarde
Hy is Hoop en vreugde ewig-bly

Sal jy ons toelaat om vir jou te vertel
Hoe ongelooflik baie Hy jou liefhet?
Voor Sy aangesig kan ons vir altyd
Trone van Lof bly bou

Hy is wonderskoon
Die mooiste en soetste Naam ooit is Syne
Oorgee woorde wat jou hart en mond bely sal wys dat jy Hom glo
Kniel dan net en nooi Hom om in jou te hart te kom woon

Hy is so lief vir jou
Dit hoor ons so gereeld
Elke dag vertel Hy aan ons
Ek is so lief vir haar, Ek is so lief vir hom

Ek wonder wanneer gaan hulle My innooi sê Hy dan
Ek wonder wanneer gaan hulle My toelaat om in hulle harte te woon
Hoe lyk dit liewe boodskappers
Is daar enige hoop vir My?

Het julle vir hulle gesê
Hoe baie beteken hulle vir My?
Het julle vir hulle vertel
Ek sal hulle nooit seermaak?

Het julle vir hulle vertel
Dat Ek ewige Waarheid is
En dat net alles wat skoon, rein en eerbaar is
In My hart woon?

Het julle vir hulle vertel?
Liefste kinders Ek hoop so julle hoor
Die klop van My boodskappers
Aan julle hart se deur

Maak oop, maak asseblief oop
Vra hulle so mooi
Kan julle sien die rye seëninge wat op julle wag?
Dit is van julle Hemelse Vader daarbo

Afwagtend loer hulle oor hul skouers, kan skaars hul opwinding verbloem
Kom nou liewe vriend, kom nou
Maak oop, maak ten volle oop
Die pad na jou hart se deur.

Advertisements

Een gedagte oor “Boodskappertjies van Vader-God”

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s