'n Seer hart, Blinde oë, Oorgegee

Ware mooi

Ware mooi-wees kom van binne
Nooit sal jy dit opreg van buite vind
Dis dit wat in iemand is wat hom waarlik mooi maak
En dan sy pad na buite straal

Julle sit te veel klem
Op dit wat van buite mooi is sê Vader
Julle soek betekenis daar
Dis daarin wat julle jul waarde vind

Wat as daardie goed van jou af weggeneem word
Wat as dit oornag verdwyn
Sê My liewe kind
Wat gaan oorbly?

Ek wil hê jy moet weet
Jou waarde lê dieper liewe kind
Dis nie wat jy aantrek wat jou kosbaar en geliefd moet laat voel nie
Dis wie jy is van binne

Ja mooi-wees en aantrek bly lekker
Tog wil Ek hê liewe kind
Jy moet seker wees
Of dit nie is waar waarde vir jou lê

Ja liewe kind
Want jy kan hoe mooi lyk buite
Maar wat as dit wat binne jou hart leef
Nie rerig is van My?

Liewe kind Ek wil hê jy moet voluit leef
Sonder voorgee
Sonder pretensie
Sonder om ooit te dink jy is beter as ‘n ander

Ware skoonheid kom van binne sê Vader
Dit is waar alles begin
So liewe kind maak seker
Die waarde van wie jy is het jy alreeds in My kom vind

Ek sal jou mooier maak
As wat jy ooit kan dink
Van binne af sal dit straal
Die wêreld rondom jou met soveel warmte en blydskap vul.

Advertisements

3 gedagtes oor “Ware mooi”

  1. Wow,mooi woorde. * ware reinheid = ‘n rein hart = geen skuld gevoel van slegte kommentaar oor ander of sonde nie = ABSOLUTE PEACE! mag almal regte shalom ervaar in Yeshua! * Stress maak n mens net oud voor jou tyd.

    1. Welkom op Anker van Hoop se Blog Twane! 🙂 Dankie, stem so saam met jou, heel in Vader se liefde vir elkeen van ons. Seën ook vir jou & kom kuier gerus weer. x

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s